Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Megapark: Nampo kom Kaap toe vanjaar!
Die grootste oesfees gaan vanjaar in Bredasdorp gehou word.

Die grootste oesfees in die land, Nampo-oesdag, kom vanjaar Kaap toe.

Die bedryfsorganisasie Graan SA en die bestuur van Bredasdorp Megapark in dié Overbergse dorp het einde verlede maand ’n samewerkingsooreenkoms onderteken om van 12 tot 15 September vanjaar ’n landbouskou in Bredasdorp aan te bied.

Die sogenaamde Nampo-Kaap sal ’n landbou- en nywerheidstentoonstelling wees wat alles van handel, vee en trekkers tot landboutoerusting op een terrein aan boere sal ten toon stel.

Luidens ’n verklaring wat deur Graan SA uitgereik is, sal die ekspo na verwagting iets vir elkeen in die landbou bied en het dit ten doel om die basis te vestig as landbou-inligtingverskaffer, markplek, netwerk­geleentheid en bymekaarkomplek vir almal wat belang het by landbou.

Volgens Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, wil dié organisasie graag sy kundigheid met die bestuur van Bredasdorp Megapark deel om ’n “bydrae tot landbou in die Wes-Kaap te maak”.

Die landbouskou in Bredasdorp sal ’n geleentheid wees waar boere wenke kan uitruil en van nuwe bewerkings en verbeterde boerderymetodes kan leer, aldus Graan SA.

Voornemende uitstallers kan vanaf 1 Maart hul uitstalruimtes op www.grainsa.co.za of www.nampo.co.za bespreek.

  • Benewens die Kaapse Nampo-skou in Bredasdorp, word die jaarlikse Agri Megaweek ook van 12 tot 15 September op die Môreson-megapark buite Durbanville gehou.

Die organiseerder van Agri Megaweek, die Mega Groep, het verlede jaar aangekondig dat dié ekspo voortaan op Môreson aangebied sal word weens onder meer “logistieke uitdagings” en die “afstand en koste vir uitstallers”.

Agri Megaweek sal vanjaar die volgende aanbiedings insluit: BeSafe Agri, die Cape Floral Kingdom-ekspo, Mega ­PetEx, en die Mega Tourism & Lifestyle-ekspo.

Meer oor:  Graan Sa  |  Kaap  |  Bredasdorp  |  Oesfees  |  Nampo  |  Nampo-Oesdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.