Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Mielie-oes goed, maar nou is daar waterskade
Theuns Britz se mielielande terwyl hulle die mielies stroop.

Terwyl Suid-Afrika sy grootste mielieoes ooit van ’n geskatte 15,631 miljoen ton verwag, kan die lae mielieprys van minder as die helfte van die vorige seisoen boere laat swaarkry, sê Jaco Minnaar, voorsitter van Graan SA.

“Gelukkig verwag ons so ’n groot opbrengs dat dit tog ’n bietjie sal help, maar dit sal nie al die gate toestop nie,” sê hy.

Volgens vanjaar se oesskatting word die grootste oes verwag danksy die milde reën wat ná die droogte in 2016 uitgesak het.

 “Ons sien op die lande en hoor by die boere dat ’n goeie oes verwag kan word. Daar gaan wel nog veranderinge kom, maar een ding is seker: Hier is baie mielies in Suid-Afrika en ons sal wel goed kan uitvoer.”

Theuns Britz, ’n boer met ’n gemengde boerdery naby Bothaville in die Vrystaat, sê hy is nie seker of die oes wel so groot gaan wees soos wat wat geskat word nie.

Theuns Britz sê hy as boer is moedeloos omdat die mielieprys vanjaar so laag is teenoor 2016 se goeie prys. Foto: Mlungisi Louw

“Ek het laas week begin stroop en het op ’n paar plekke waterskade gekry,” sê hy.

“En met die lae mielieprys is ’n man maar ’n bietjie moedeloos.”

“Vanjaar kry ons maar so rondom R1 500, R1 700/ton, teenoor verlede jaar toe ons by die R4 000/ton gekry het.”

Omdat hy nou eers onlangs begin stroop het, is hy nog nie seker of sy oes genoeg sal wees om gelyk te breek of om wins te maak nie.

Paul Makube, senior landbou-ekonoom van FNB, sê luidens ’n verklaring wat Maandag uitgereik is dat “die sektor besig is om ná ’n verwoestende 2015-’16-produksieseisoen te herstel.

“Die mielieoesskatting van 15,63 miljoen ton wat 7,54% hoër is as die vorige skatting, sal help om die druk op die veebedryf, soos pluimvee, vark en voerkrale wat byna 70% van die voer uitmaak, te verminder.” 

Luidens die Oesskattingskomitee se jongste verslag is die 15 631 050 ton mielies op 2 628 600 ha verbou. Altesaam 9 446 800 ton wit- en 6 164 250 ton geelmielies word verwag.

In 2016 was die totale mielieoes bykans die helfte van vanjaar se verwagte oes, naamlik 7 778 500 ton. Dit is toe op 1 964 750 ha verbou. Vanjaar se geskatte oes witmielies is bykans drie keer meer as verlede seisoen se 3 408 500 ton.

Meer oor:  Fnb  |  Graan Sa  |  Mielie-Oes  |  Mielieoes  |  Witmielies  |  Graan  |  Geelmielies  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.