Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Moody’s gradeer Landbank af

Die Landbank is afgegradeer omdat sy regrukplan met maande uitgestel moes word.

Die Landbank finansier nagenoeg 27% van Suid-Afrikaanse boere en landbou-ondernemings.

Moody’s Investors Service het die staatsinstelling Dinsdag met een vlak tot Caa1 afgegradeer. Dis nou reeds sewe vlakke onder beleggingsgraad op Moody’s se skaal.

Die Landbank het reeds in April ’n wanbetaler op van sy skuld geword.

Die afgradering kom nadat die Landbank Maandag aangekondig het hy gaan nie daarin slaag om sy skuld teen einde November te herstruktureer soos voorheen beplan is nie. Dit word nou vir einde Maart op die laatste beplan.

Sonder die herstrukturering van sy skuld sal die Landbank nie sy status as wanbetaler kan herstel nie, sê Moody’s in ’n verklaring. Die kredietgradeerder sê die vertragings verhoog die risiko dat krediteure nie tot die herstrukturering sal instem nie.

LEES OOK: Landbank mis spertyd vir regrukplan

Die Landbank se volledige regrukplan bestaan uit die herstrukturering van skuld, bykomende kapitaalinspuitings deur die regering, die verkoop van bates en die vermindering van die lenings wat hy toestaan.

Moody’s bly optimisties dat die regering die Landbank sal aanhou steun en dat die regrukplan met minimale verliese vir krediteure in werking gestel sal word. Bewys daarvan is die R3 miljard wat in Junie se aanvullende begroting aan Moody’s toegeken is, asook die R7 miljard wat oor die volgende drie jaar belowe is.

Sonder die groot waarskynlikheid van staatsteun sou die Landbank twee vlakke laer gegradeer word, volgens Moody’s.

’n Negatiewe vooruitsig word op die gradering behou weens die risiko’s wat met die regrukplan verband hou.

Moody’s het Suid-Afrika Vrydagnag met een vlak tot twee vlakke onder beleggingsgraad afgegradeer, die tweede afgradering vanjaar. Dis gebruiklik dat ontwikkelingsfinansiers soos die Landbank, handelsbanke en versekeraars afgegradeer word wanneer die land afgegradeer word weens die interafhanklikheid van die finansiële stelsel. In sy ontleding van die Landbank verwys Moody’s egter glad nie na die regering se afgradering nie.

Meer oor:  Moody's  |  Landbank  |  Kredietgradering  |  Landbou  |  Staatskuld  |  Rommelstatus  |  Kredietgradeerders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.