Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Landbank kry rommelstatus van Moody's
Afgradering kan 'n nadelige uitwerking hê op landbouproduksie in Suid-Afrika. Foto: Conrad Bornman

Die internasionale kredietgraderingsagentskap Moody’s het Landbank tot rommel afgegradeer weens die vrees dat die regering dalk nie dié staatsonderneming sal red indien nodig nie.

Moody’s het ook sy vooruitsig oor Landbank se gradering na negatief verander nadat sy hersiening, wat in November begin het, afgehandel is.

“Die afgradering weerspieël Moody’s se evaluering dat die voortgesette fiskale probleme van die staat daarop dui dat die regering meer selektief gaan wees met watter ondersteuning hy aan staatsondernemings gee,” lui ’n verklaring.

Moody’s het die telling wat aan regeringsteun toegeken word wanneer die gradering bepaal word, verlaag.

“Die negatiewe vooruitsig weerspieël hoofsaaklik die toenemende risiko dat die regering se vermoë om Landbank te ondersteun ingeval van nood, kan verswak.”

Die risiko is reeds weerspieël in die negatiewe vooruitsig op die staat self se gradering.

“Die gradering van die land toon die wesenlike risiko dat die regering nie daarin kan slaag om die agteruitgang in sy finansies te stuit met ’n herlewing van ekonomiese groei en maatstawwe vir fiskale konsolidasie nie.

“Enige verswakking in die regering se kredietprofiel of sy bereidwilligheid om Landbank te ondersteun, kan lei tot ’n afgradering.”

Boonop is Landbank ook in moeilike bedryfstoestande bedrywig en sukkel hy om ’n permanente uitvoerende hoof aan te stel. “Dit plaas druk op sy finansiële vertoning en beleggersvertroue.”

“Hoewel Moody’s erken die bank het stappe gedoen om sy korporatiewe bestuur te versterk in die lig van die algemene fokus op staatsondernemings, is die uitgerekte afwesigheid van ’n permanente uitvoerende hoof kommerwekkend.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.