Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Motsepe help met finansiering van swart boere

Hoëvlaksamesprekings word gevoer tussen onder meer die Motsepe-stigting en banke om finansiering van multimiljarde rande vir die landbou, boere en verwante bedrywe op die been te bring.

Die miljardêr-sakeman Patrice Motsepe sê die finansiering sal geleenthede skep vir spesifiek swart boere.

Motsepe was Maandag een van die hoofsprekers op die derde Landbousake-transformasie-konferensie van Afasa (African Farmers Association of South Africa) by die Imvelo Safari-konferensiesentrum buite Bloemfontein. Dit duur tot Dinsdag.

Patrice MotsepeFoto: News24

Motsepe, die stigter en uitvoerende voorsitter van African Rainbow Minerals, sê die boerderybedryf in Suid-Afrika is in ’n baie kritieke fase, waarin die betrokkenheid en deelname van swart mense geweldig belangrik is.

Motsepe het gesê die fonds gaan binnekort bekend gemaak word. Banke, agrisakeondernemings en ander rolspelers in die landboubedryf gaan saamstaan om aan swart boere toegang tot geld en geleenthede te gee.

Meer as 200 afgevaardigdes woon die konferensie by. Die tema is “Boere laat Suid-Afrika groei: Die skep van poste en handelsgeleenthede”.

Motsepe het gesê ’n mens kan nie ’n ekonomie bou en ’n toekoms vir almal bou as swart boere nie beduidend deel daarvan is nie. Daar kan egter net ’n toekoms vir swart boere wees as daar ’n toekoms vir alle boere is.

Die grootste struikelblok, naamlik toegang tot geld, moet uit die weg geruim word.

Nakana MasokaFoto: Marietjie Gericke

Motsepe het ook aangekondig dat sy stigting 20 studente wat deur Afasa aanbeveel moet word, die geleentheid sal bied om te studeer.

* Nakana Masoka, die provinsiale voorsitter van Afasa in die Vrystaat, het in ’n onderhoud gesê ’n landboutransformasie-barometer, wat op die konferensie bekend gestel word, sal Afasa en swart boere in die kern van die landboutransformasie plaas.

Hy het ook gesê die konferensie gee aan Afasa die kans om sy hoofplan vir die transformasie van die landbousektor aan boere, die regering en die private sektor bekend te stel.

Xolile Dasheke, ’n Vrystaatse wildboer en eienaar van Imvelo Safari, is die gasheer van die konferensie. Sy verhaal is voorgehou as een van die suksesverhale van die Vrystaatse wetgewer se grondhervormingsprogram.

Afasa het 375 lede in die Vrystaat. Dit sluit korporasies met tussen vyf en tien lede in, wat as een Afasa-lid tel. Ses groot maatskappye in die Vrystaat is ook geaffilieerde lede van Afasa. Daar is ook vennote van Afasa in die vleis-, graan-, finansiële en gemeganiseerde bedryf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.