Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
N-Kaap se beste jong boer doen dit holisties

Van Zyl Naudé, wat op die jaarlikse kongres van Agri Noord-Kaap as die provinsie se Jongboer van die Jaar aangewys is, glo ’n holistiese benadering tot boerdery het hom vanjaar se wenner gemaak.

Hy boer in die Richmond-distrik met vleis- en wolmerino’s, asook drakensberg-beeste. Dit is inheemse rasse wat beter vir Karoo-toestande aangepas is.

Lize en Van Zyl Naudé met hul seun, klein Van Zyl. Van Zyl is Woensdag op Agri-Noord-Kaap se jaarlikse kongres aangewys as die Noord-Kaap se Jongboer van die Jaar. Foto: Charné Kemp

“Die geelbekmerino is my hoofinkomste. Altesaam 55% is uit wol en 45% uit vleis.”

Hy boer sedert 2006 alleen nadat sy pa afgetree het.

“My vrou, Lize, is die boekhouer en administrateur en ondersteun my geweldig.”

Hy deel sy naam met sy seuntjie, sy pa en sy oupa.

“My oupa het die plaas in 1941 gekoop. My pa het my lief vir boerdery gemaak toe hy my grootgemaak het.”

Met ’n diploma en graad in landbou het hy sy kennis verbreed.

“Ek glo die sukses van ’n goeie boer is genade van bo. In die Karoo moet jou knieë gebuig wees en jy moet so hoog soos die Karoobossies leef. Na aan die aarde. Jy moet saam met die natuur boer.”

Naudé is deel van studiegroepe van die Nasionale Wolkwekersvereniging.

“Die data en gevolgtrekkings help my om boerderypraktyke te verbeter.”

Een les wat hy geleer het, is om nie soveel op besparing te konsentreer dat jy dieregesondheid en genetika afskeep nie. Dit is ’n fyn balans.

“Ek het deur die kennis wat ek met studiegroepe opgedoen het, my vleisinkomste op die skape verbeter.”

Die weer bly ’n groot uitdaging.

“Die afgelope vyf jaar kry ek ondergemiddelde reën. Die reënvalpatroon het ook verander. Dit is nie noodwendig minder nie, maar dit val op een slag. Daarom het jy langer droë tydperke, en moet jy aanpassings maak.”

Dit behels kleiner kampe waar die skaap korter tye wei, waarna ’n lang rusperiode volg vir die weiding om te herstel.

Hy het ’n kursus oor holistiese boerdery deurloop.

“Dit behels kleiner kampe waar die skaap korter tye wei, waarna ’n lang rusperiode volg vir die weiding om te herstel.

“Dit neem ’n kopskuif om ’n ander benadering as van ouds te volg.”

Hy sê hy kwel hom nie so baie oor die onteiening-sonder-vergoeding-planne dat hy vergeet om te boer nie.

“ ’n Mens moet jou fokus te midde van moeilike tye behou. Ek het ook geleer om fopnuus van ware feite te onderskei.”

Meer oor:  Van Zyl Naudé  |  Richmond  |  Boer  |  Jongboer Van Die Jaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.