Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
'n Millenniër in landbousaak sommer ook tegnologiehoof?

Doeltreffende maniere om millenniërs in die werkplek te bestuur, intelligente vergoeding in landbou vir die toekoms, globale neigings in opleiding en ontwikkeling – dit is slegs van die enkele temas wat onlangs op die heel eerste Peritum Agri-menslike hulpbron-beraad in Bloemfontein aangeraak is.

Bestuurders, ondernemings en instellings in die agri-waardeketting het die beraad bygewoon.

Onder die sprekers was ook vier internasionaal erkende sprekers.

Volgens Ernest Beck, een van Peritum Agri Instituut se direkteure, is die beraad se visie om ’n volhoubare toekoms vir landbou- en voedselverwerkers te ontwikkel of jy nou ’n boer, ’n bestuurder of ’n agri-onderneming is.

Een van die raakpunte wat deur talle van die sprekers aangeraak is, is die Vierde Nywerheidsrevolusie en die invloed wat dit op landbou sowel as die werksmag sal hê.

Volgens Graeme Codrington, skrywer, toekomskundige en strategiekonsultant, is die landbousektor een van die sektore wat die meeste hierdeur geraak word.

“Landbou is een van die bedrywe wat tegnologie die vinnigste omarm. As jy dit in ag neem, is dit nie vanselfsprekend dat die jongste mens in die besigheid aan die hoof van tegnologie moet wees nie?”

Hy sê hy kan verstaan dat ’n jonger generasie gefrustreerd raak as die ouer generasie nie tegnologie wil in werking stel nie.

Ander sprekers was Warwick Bloom, Jahni de Villiers, Wandile Sihlobo, dr. Adri Drotskie, Aa­mir Suleman, Nicky Sheridan en Tim Menger.

Meer oor:  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.