Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Geteel: ’n Vark so swaar soos ’n ysbeer

Op ’n plaas diep in die suidelike deel van China woon ’n baie groot vark – een wat so swaar is soos ’n ysbeer.

Die dier van 500 kg is deel van ’n trop varke wat spesiaal geteel word om reusagtig groot te word.

landbou
’n Skermgreep van ’n video van een van die reusevarke wat tans in China geteel word om ’n massa van tot soveel as 500 kg te haal weens ’n tekort aan varkvleis in die land waar die meeste varkvleis ter wêreld geëet word.

Teen die tyd dat die varke gereed is om geslag te word, kan dié varke teen meer as 10 000 yuan (sowat R21 000) verkoop word, wat meer as drie keer soveel is as die gemiddelde maandelikse besteebare inkomste in Nanning, hoofstad van die Guangxi-provinsie waar dié varkplaas is.

Die varkboer Pang Cong se reusevarke is ’n ekstreme voorbeeld van die konsep “groter is beter”, veral in China, wat die hoogste verbruik van varkvleis ter wêreld het.

Die hoë varkvleispryse in die noordoostelike provinsie Jilin moedig boere aan om varke tot op ’n gemiddelde massa van 175 kg tot 200 kg groot te maak – teenoor die normale massa van 125 kg. Ook groot Chinese kosprodusente soos Wens Foodstuffs, Cofco Meat en Beijing Dabeinong Technology sê hulle probeer die gemiddelde massa van hul varke verhoog.

Die gemiddelde massa van varke wat gereed is om geslag te word by van die grootskaalse plase in China het tot soveel as 140 kg gestyg teenoor die normale sowat 110 kg, het ’n ontleder van die Chinese kosbedryf gesê. Dit kan wins met meer as 30% verhoog.

Die teel van reusevarke in China kom op ’n moeilike tyd vir die bedryf omdat Afrika-varkgriep die Chinese varkkudde met bykans die helfte verklein het. Varkvleispryse het rekordvlakke bereik en die Chinese regering het varkboere dus aangemoedig om hul produksie te verhoog om inflasie hok te slaan.

China kan vanjaar ’n tekort van 10 miljoen ton varkvleis ervaar en die ernstige tekort kan tot die eerste helfte van 2020 voortduur, het Hu Chunhua, Chinese adjunkpremier, gesê. Die tekort van 10 miljoen ton is meer as wat ingevoer kan word en China sal dus sy binnelandse produksie moet verhoog.

Hu het met ’n besoek aan die provinsies Shandong, Hebei en Henan waar groot met varke geboer word die plaaslike owerhede gevra om varkproduksie so gou moontlik te hervat ná die uitbreek van varkgriep sodat produksievlakke teen volgende jaar weer normaal is.

Baie boere is egter versigtig nadat hulle deur die vorige uitbreek van die varkgriep seergekry het. Die pryse van teelsôe en klein varkies het ook opgeskiet, wat dit duurder maak vir kleiner boere om hul kuddes te herstel. Die volgende beste stap is dus om hul bestaande varke groter te kry.

Meer oor:  China  |  Landbou  |  Varkgriep  |  Varkvleis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.