Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Nampo: Nuwe uitstallers en beter toegang

Boere, nie-boere, droomboere en almal wie se hart in landbou lê, gaan aanstaande week op vanjaar se Nampo Oesdag meer as genoeg kry om te sien en te beleef.

Die kommunikasieafdeling van Graan SA sê in ’n mediaverklaring vanjaar se tema van die Nampo Oesdag is “ ’n Platform vir jou landboutoekoms”, en dit is ’n akkurate opsomming van wat besoekers te wagte kan wees.

Nampo
’n Angorabok op ’n vorige Nampo-oesdag by Bothaville in die Vrystaat. (Foto’s ter illustrasie). Foto: Conrad Bornman

Verlede jaar het 83 000 mense die oesdag besoek en vanjaar se 53ste oesdag beloof om net so gewild te wees.

“Nampo is ons tentoonstellingsplatform waar produsente in aanraking kom met die nuutste tegnologie. Die oesdag is 'n lekker droomplek waar ’n pa en seun saam kan droom oor 'n mooi bees of voertuig, terwyl daar iets te sien is vir elkeen in die gesin,” sê Jannie de Villiers, Graan SA se uitvoerende hoof.

Onder vanjaar se 775 uitstallers is 50 van die buiteland.

Talle georganiseerde groepe uitstallers uit die VSA, Verenigde Koninkryk, Frankryk, Brasilië, Kanada, Argentinië en Italië, asook individuele uitstallers van Denemarke, China en Turkye sal die oesdag bywoon.

Danie Minnaar, voorsitter van die oesdagkomitee, sê vanjaar is uitstalruimte aan 60 nuwe uitstallers gegee wat daarop wys dat die oesdag dinamies is en in pas bly met die jongste ontwikkelings in landbou.

’n Tweede ingang is ook aan die noordekant van die terrein opgerig om verkeersvloei te verbeter.

Die draaihekke met vaste skandeerders is ook by al die ingange geïnstalleer om die handskandeerders te vervang.

* Kaartjies kan vooraf gekoop word by www.ticketpros.co.za teen R90 per dag vir Dinsdag en Vrydag en R100 per dag vir Woensdag en Donderdag. Die kaartjies is R20 goedkoper indien dit aanlyn gekoop word.

* Kaartjies is aan ’n datum gekoppel en is net vir ’n spesifieke dag geldig.

* Vanjaar se Nampo-week duur van 13 tot 17 Mei.

Meer oor:  Graan Sa  |  Ekspo  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.