Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Nasionale merino-veiling in Bloemfontein suksesvol

Die Merinolandskaapgenootskap het op Woensdag 15 Augustus ’n baie suksesvolle nasionale veiling in Bloemfontein aangebied.

Die nuwe raad vir 2018-’19 is op die algemene jaarvergadering op 14 Augustus aangewys. Hulle is van links Erna Hattingh (administratiewe bestuurder, Parys), Ben du Plessis (president, Koppies), Jan du Toit (Mortimer), CW Claasen (visepresident, Petrus Steyn) en Callie Bothma (Koppies). Pieter Niemann van Ulco was afwesig op die dag.
JJ van der Walt (BKB-afslaer), Jan en Charné du Toit van Dutwa Boerdery (verkopers) en Elena en Mark Hayward van Kimberley (kopers). Die hanteerder is Vice Helesi.

Nie minder nie as 24 stoetramme is verkoop vir ’n gemiddeld van R19 083 met die hoogste prys van R52 000 wat vir ’n ram van Dutwa Boerdery van Jan en Charné du Toit betaal is. Dié nuwe rekordprys vir die Merinolandskaapgenootskap is opgestel deur Elena en Mark Hayward van Kimberley.

13 kudderamme is op die veiling aangebied en hulle is vir ’n gemiddeld van R8 307 verkoop.

BKB was die afslaer.

Die genootskap se nuwe raad vir 2018-’19 is ook op die algemene jaarvergadering op 14 Augustus, in aanloop tot die veiling, aangewys. Hulle is Erna Hattingh (administratiewe bestuurder, Parys), Ben du Plessis (president, Koppies), Jan du Toit (Mortimer), CW Claasen (visepresident, Petrus Steyn), Callie Bothma (Koppies) en Pieter Niemann (Ulco).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.