Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Newcastle-siekte: Duiwe wat vrek, getoets

Nog geen gevalle van pluimvee wat Newcastle-siekte het, is by die Wes-Kaapse departement van landbou aangemeld nie.

Dít is die antwoord op ’n navraag van Netwerk24 nadat die aansteeklike virussiekte blykbaar onder duiwe in Oudtshoorn kop uitgesteek het.

Dr. Ginanda Msiza, staatsveearts, sê luidens ’n verslag van ’n plaaslike veearts is agt wilde duiwe wat gevrek het in Desember in Oudtshoorn gevind en sewe lemoenduiwe in die eerste week van Januarie. Daar is volgens hom ’n tydjie terug twee dooie lemoenduiwe in Mosselbaai gekry, maar geen ander gevalle is tot dusver aangemeld nie.

Volgens Msiza was die sewe lemoenduiwe van drie verskillende plekke in Oudtshoorn afkomstig. Voordat hulle gevrek het, het hulle tekens van lusteloosheid en senuweeprobleme getoon soos swakheid en vlerke wat hang.

Die karkasse is vroeg in Januarie ondersoek en vir die siekte getoets. In ’n outopsie is subdurale bloeding en ’n vergrote milt gevind.

Msiza sê tot dusver is dit die enigste laboratoriumtoetse wat positief is vir Newcastlesiekte. Geen verdere toetse is al gedoen nie.

Daar is geen voorvalle van die siekte onder pluimvee aangemeld nie.

Inentingsveldtogte vind elke ses maande plaas. Die laaste veldtog was in Desember verlede jaar toe 1 900 hoenders en 1 800 duiwe wat aan mense behoort in Oudtshoorn ingeënt is.

Meer oor:  Siekte  |  Pluimvee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.