Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Nog bek-en-klouseer in Limpopo aangemeld

Die mees onlangse geval van bek-en-klouseer is in die eerste week van Januarie in Limpopo aangemeld.

Reggie Ngcobo, woordvoerder van die nasionale departement van landbou, sê saam met dié geval is daar sedert die middel van Desember vier bykomende gevalle van die virale siekte by diere met gesplete hoewe gediagnoseer.

Daar is altesaam 15 plase, waarvan sommige kommersiële voerkrale is in Limpopo, waar bek-en-klouseer sedert einde November uitgebreek het.

Dit het gelei tot ’n landwye verbod op veeveilings wat Thoko Didiza, minister van landbou, op 4 Desember in die Staatskoerant aangekondig het.

Ngcobo sê daar is 130 plekke in die provinsie geïdentifiseer wat moontlik geraak kon word deur vee wat die siekte verlede jaar op veilings in die Molemole-streek in die Capricorn-distrik van Limpopo opgedoen het.

Amptenare van die departement van landbou is besig om opvolgbesoeke by al die plekke te doen. Daar is reeds by 95 plekke opvolgbesoeke gedoen en toetse by 44 van die plekke was negatief vir bek-en-klouseer.

Só lyk ’n bees wat met bek-en-klouseer besmet is se bek. Foto: Veterinary Network Bulletin

Volgens Ngcobo het die departement van landbou reeds ses nedersettings in die Molemole-streek besoek om bestaansboere en die gemeenskappe van bek-en-klouseer bewus te maak.

Altesame 351 bestaansboere het die vergaderings bygewoon.

Ondanks boere, landbou-organisasies en die Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO) se pleidooie by Didiza om die landwye verbod op veeveilings op te hef, is daar nie tans sprake daarvan nie.

Ngcobo sê dit is steeds van krag.

Koos van der Ryst, voorsitter van die RPO, het onlangs gesê dit is van uiterste belang dat die situasie in die bedryf na normaal moet terugkeer.

“Die huidige situasie is onuithoudbaar. Die rooivleisbedryf word lamgelê en kommersiële, sowel as opkomende boere, word baie erg geraak.”

Bek-en-klouseer kom voor by diere met gesplete hoewe, soos beeste, skape, varke en bokke.

Van die simptome van bek-en-klouseer is dat diere lusteloos voorkom en nie wil vreet nie weens die sere in hul bekke. Besmette diere skei ook oormatige speeksel af.

Meer oor:  Limpopo  |  Bek-En-Klouseer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.