Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
O’hoorn se ‘sagte wit reuse’ is SA kampioene

Twee chianina-beeste van Oudtshoorn in die Klein-Karoo is op die eerste Suider-Afrikaanse chianina-kampioenskap as die top-kampioene aangewys.

Die kampioenskap het verlede week op die BKB Afrika- lewendehawe-ekspo en -skou in Parys in die Vrystaat plaasgevind. Altesaam 700 beeste van 200 deelnemers is ingeskryf. Meer as 20 beesrasse het deelgeneem. Die beeste is beoordeel deur dr. Matteo Ridolfi, ’n bekende beesbeoordelaar van Italië.

Elmarie Rabie, eienaar van die Gigante Chianina-stoet in Oudtshoorn, wat die twee kampioene opgelewer het, sê sy is baie trots op die prestasie. Gladiator, haar 12 jaar oue bul, is as die senior kampioenbul en die nasionale groot-reserwe-kampioenbul aangewys. Die koei Gioletta is die junior kampioenkoei (1 tot 2 jaar).

“Gladiator is geteel uit ’n Italiaanse kampioenbul, genaamd Gigante,” sê Rabie. “Gladiator weeg 1 300 kg en is sowat 1,8 hoog.”

Gladiator, ’n chianina-bul van Oudtshoorn, is as die top-kampioen op die eerste Suider-Afrikaanse chianina-kampioenskap gekroon. Foto: Verskaf

Ridolfi het in ’n boodskap aan Rabie laat blyk hy was baie beïndruk deur die kampioene se gehalte, siende dat dit die eerste kampioenskap is waaraan hulle deelgeneem het.

Rabie het in 2011 met dié Italiaanse beesras, ook bekend as sagte wit reuse (Gentle White Giants), begin boer. Sover bekend is haar stoet die enigste in die Wes-Kaap.

“Ons suiwer geregistreerde chianinas in Suid-Afrika ding tans mee met die beste genetika in Italië, die land van herkoms,” sê sy.

“Hulle word nie vir vleis geslag nie omdat die suiwer geregistreerde getalle nog laag in Suid-Afrika is. In 2017 het ons ons eerste suiwer koeie aangeskaf. Weens die huidige droogte wat al vyf jaar in die Oudtshoorn-gebied heers, konsentreer ons tans net op suiwer diere.”

Volgens haar is dit een van die oudste suiwer beesrasse ter wêreld en hulle dateer van honderde jare voor Christus. “Hulle is hoog op die been, stap gemaklik, selfs in bergagtige dele, en kan uiterste weerstoestande goed hanteer. Daar is ook nie probleme met hul temperament nie en die koeie kalf maklik. Dit is ’n fantastiese ras om vir kruisteling te gebruik,” sê sy.

* Die hoogste chianina-os is Bellino van Italië (2,027 m), volgens Rabie. Bellino is ook in die Guinness World Records opgeneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.