Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Omnia gaan Oro Agri vir R2,5 mjd. verkoop

Die genoteerde chemiese groep Omnia het aanbeveel sy aandeelhouers keur die transaksie goed om Oro Agri, wat biologiese produkte vir plaagbeheer navors en vervaardig, vir R2,5 miljard te verkoop.

Oro Agri se produkte word by ’n proefplaas getoets.

Die onderneming gaan aan die Europese onderneming Rovensa verkoop word wat in dieselfde bedryf betrokke is. Omnia het Oro Agri net meer as twee jaar gelede gekoop.

Rovensa vervaardig en versprei ook biologiese produkte om insekte en plantsiektes te beheer en vir plantvoeding.

Omnia het in Junie aangekondig ’n niebindende aanbod is vir Oro Agri ontvang.

Seelan Gobalsamy, uitvoerende hoof van Omnia, sê die direksie het ’n omvattende hersiening van Oro Agri onderneem as deel van sy breër strategie en het tot die gevolgtrekking gekom dat Rovensa se aanbod aantreklik is en beveel dit aan aandeelhouers aan.

Die aanbod is gegrond op ’n ondernemingswaarde van $165 miljoen. Omnia gaan $152 miljoen in kontant ontvang.

Wie is Oro Agri?

Sedert die ontstaan van die maatskappy in 2001 het Oro Agri gegroei tot ’n multinasionale verskaffer van omgewingsvriendelike produkte wat suksesvol gebruik word in gewasbeskermingsprogramme in meer as 70 lande waarvan Brasilië, Amerika, Frankryk, Spanje, Suid-Afrika, China en Indië die grootste gebruikers is, lui ’n verklaring op sy webtuiste.

Omnia het Oro Agri in 2018 teen $100 miljoen gekoop.

Volgens hom gaan die opbrengs gebruik word om skuld terug te betaal, vir bedryfskapitaal en uitbreidings.

Omnia beoog om sy dividendbeleid te hersien. Inligting daaroor en die moontlikheid van enige oorskot kontant wat aan aandeelhouers versprei kan word deur ’n spesiale dividend of deur aandele terug te koop sal aangekondig word wanneer sy resultate vir die boekjaar tot einde Maart 2021 uitgereik word.

Aandeelhouers van Omnia sal op 14 Desember op ’n algemene vergadering oor die transaksie kan stem.

’n Omsendbrief gaan op 13 November aan aandeelhouers gestuur word.

Institusionele aandeelhouers wat genoeg stemme verteenwoordig om dit goed te keur, het reeds aangedui hulle sal die transaksie ondersteun.

In Omnia se jongste jaarverslag is getoon Oro Agri het 80 handelsnaamaansoeke gehad wat hangende is en het 563 geregistreerde handelsname. Sy hangende patentaansoeke het 38 beloop en hy het 145 geregistreerde patente.

Omnia (uitgesluit Oro) het 921 geregistreerde handelsname en 139 aansoeke hangende. Die groep het 52 geregistreerde patente en ses aansoeke hangende.

Meer oor:  Omnia  |  Transaksie  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.