Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Omnia val steeds verder weens verlies
Die chemiese reus Omnia se kunsmisaanleg by Sasolburg vervaardig spesialiteitskunsmis wat aan ’n breë mark in Suider- en Oos-Afrika verskaf word. Foto: Verskaf

Omnia het Vrydag nóg 2,2% se markwaarde verloor nadat die maatskappy die mark weer herinner het aan hoe swak sy resultate vir die boekjaar tot einde Maart gaan wees.

Die kunsmisgroep se aandeelprys het die oggend meer as 3% verloor nadat hy ’n Sens-verklaring uitgereik het.

Volgens die verklaring gaan sy wesensverlies effens kleiner wees as wat hy in Maart voorspel het, maar dit gaan steeds tussen 59c en 139c per aandeel beloop. In Maart is ’n wesensverlies van meer as 198c per aandeel vir die boekjaar tot einde Maart voorspel, teenoor 2018 se wesensverdienste van 991c per aandeel.

Omnia se basiese verlies per aandeel gaan steeds in die band van 591c tot 670c per aandeel wees, soos in Maart voorspel, teenoor die verdienste van 985c per aandeel in vorige boekjaar.

Die resultate word op 25 Junie uitgereik.

Droogtes in groot dele van die land, die wisselvallige rand, veranderinge in die mynboubedryf, plaaslik en in die buiteland, en “algehele moeilike handelstoestande” kry die skuld vir die feit dat die groep vanjaar ’n verlies ly.

Die maatskappy was die afgelope ruk in die nuus weens die aankondiging dat sy skuldlas onhoudbaar geword het weens verkrygings wat oor die afgelope jare gedoen is. Die groep gaan ’n regte-uitgifte van R2 miljard doen om sy skuldvlakke te verminder.

Rod Humphris, die groep se voorsitter, het verlede week met onmiddellike ingang bedank.

Meer oor:  Omnia  |  Kunsmis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.