Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Oorgenoeg kos, maar kan mense dit bekostig?
’n Rekordoesjaar wink, maar gaan daar ’n vraag na al die produkte wees? Foto: Argief

’n Rekordoesjaar wink, maar die vraag is of Jan Alleman nog geld het om kos te koop.

Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die landbousakekamer Agbiz, het Woensdag sy kommer uitgespreek oor die ekonomiese krisis se impak op die landbou in ’n gesprek met die Kaapstadse Persklub.

Volgens hom is voedselsekerheid nie meer ’n kwessie van aanbod nie, dis nou ’n kwessie van of mense dit kan bekostig.

“Die kos is daar,” sê Sihlobo. “Dis nou ’n kwessie van mense se inkomste.”

Hy is erg bekommerd oor die Covid-19-pandemie se uitwerking op Suid-Afrikaners se geldsake en die gepaardgaande werksverliese.

Die probleem lê egter nie net hier nie. Sowat 50% van al Suid-Afrika se landbouprodukte word uitgevoer, volgens Agbiz, en die wêreldmark vir voedsel is onder druk weens die gelddruk wat mense in die pandemie ervaar.

Sihlobo glo Suid-Afrikaners is miskien bewus van die belangrikheid van die Europese Unie as ’n groot landbouhandelsvennoot, maar 40% van die landbou-uitvoer is na Afrika, in die besonder Afrika suid van die Sahara.

“Hierdie lande word deur ongekende ekonomiese druk in die gesig gestaar.”

LEES OOK: Inflasie vir 2de maand onder 3%

Waar inkomste daal, al is voedsel hóé nodig, gaan die volumes wat Suid-Afrika uitvoer ook daal. Dit sal die landboubedryf knel soos wat pryse daal en daar ’n ooraanbod van produkte is wat dan teen goedkoper pryse plaaslik verkoop moet word.

kos

Plaaslik is daar egter ook ’n probleem met die vraag. Die regering se regulasies vir die staat van inperking maak dit uiters moeilik vir veral die restaurantbedryf om soos gewoonlik sake te doen.

Sihlobo sê die waardeketting van landbou is ingewikkeld en aan verskeie faktore onderworpe. Die regering het nie gedink of geweet hoe die perke op restaurante byvoorbeeld die vraag na landbougoedere gaan beïnvloed nie. Hulle het nie ’n begrip daarvoor nie, sê hy.

Die uiteinde is dat in hierdie rekordoesjaar vir sitrus sowel as graan daar nou ’n swak vraag na dié landbouprodukte gaan wees. Pryse gaan dus verder daal, wat goeie nuus is vir verbruikers op kort termyn, maar slegte nuus vir die landbou in die jare wat kom.

Agbiz verwag dat kosprysinflasie vanjaar by om en by 4% gaan dobber.

Die landbou is veronderstel om vanjaar ná jare se droogte te herstel en Agbiz verwag steeds dat landbou as persentasie van die bruto binnelandse produk (BBP) met 10% sal herstel in 2020. Die verwagting was in Januarie egter nog 15%.

Intussen is die enigste grootskaalse verligting vir boere tans die lae rentekoers. Met ’n daling van 300 basispunte vir die jaar tot dusver bespaar die bedryf – wat R168 miljard se skuld in totaal het – sowat R5 miljard aan skuldkoste vanjaar.

Meer oor:  Kos  |  Kospryse  |  Inflasie  |  Kosprysinflasie  |  Bbp  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.