Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Oorskotwyn dalk gou handreiniger
Bottels rooiwyn staan onaangeraak op die winkelrak. Foto: Jaco Marais

Daar is ’n goeie kans dat daardie cabernet sauvignon wat jy graag sou wou drink nou in handreiniger omskep gaan word.

Dit is een van die planne wat deur die wynbedryf oorweeg word om van die groot surplus wyn ontslae te raak wat nie van die hand gesit mag word nie.

Vinpro sê in ’n verslag verskeie opsies word tans oorweeg, soos om al die surpluswyn saam te voeg, die voorraad as industriële wyn uit te voer, dit tot spiritus te distilleer of dan om handreiniger daarvan te maak. ’n Ander opsie sal wees om konsentraat vir vrugtesap daarvan te vervaardig.

Vinpro sê die druk op individue en ondernemings in die Suid-Afrikaanse wynbedryf-waardeketting neem daagliks toe namate die tweede verbod op plaaslike drankverkope en beperkings op wyntoerisme voortduur.

Vinpro sê hy deel die bedryf se kommer en frustrasie en het ’n duidelike begrip van die situasie van plase tot kleinhandelaars, toerisme en verwante segmente.

Die krisis in die wynbedryf weens die drankverbod, betreffende finansiële en werksverliese asook die nagevolge van die ooraanbod wyn, is oor die afgelope twee weke in dringende onderhandelings met die nasionale regering deur die Nedlac-proses (’n beleidsforum van die bedryf, regering, arbeid en burgerlike samelewing) benadruk.

In hierdie en ander gesprekke op provinsiale en nasionale vlak toon die regering begrip vir die realiteite in die bedryf, en Vinpro werk tans aan finale voorleggings om die uitdagings dringend en gesamentlik te takel.

Vinpro moedig mense aan om deel te neem aan drie veldtogte op sosiale media om die bedryf se stem te versterk en bewustheid te skep van die pleidooi van individue en ondernemings wat van die Suid-Afrikaanse wynbedryf afhanklik is, naamlik #saveSAwine, #savemylivelihood en #drinksouthafrican.

Volgens Rico Basson, uitvoerende direkteur van Vinpro, het die wynbedryf die afgelope 14 weke ’n inkomsteverlies van altesaam R4,5 miljard gely.

Daarbenewens is poste reeds weens die Covid-19-regulasies tot niet en na raming kan ’n verdere 18 000 werksgeleenthede verloor word as die drankverbod voortduur.

Strydom sê dis nou kritiek om konstruktiewe gesprekke te voer om die wynbedryf te red en mense se broodwinning te beskerm. Die belange van primêre produsente en die wyn-waardeketting moet ten alle koste beskerm word, het Strydom gesê.

Meer oor:  Vinpro  |  Covid-19  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Wynbedryf  |  Drankverbod
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.