Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Oos-Kaap wil nou helikopters teen sprinkane inspan
’n Skermgreep van beeldmateriaal van ’n sprinkaanswerm wat onlangs sowat 40 km buite Aberdeen geneem is. Foto: Skermgreep

Die Oos-Kaapse departement vir landelike ontwikkeling en landbouhervorming wil helikopters inspan in ’n poging om die uitbreking van sprinkaanswerms spoedig in bedwang te bring.

Die provinsie het reeds 60 boere opgelei wat die plaag moet beheer, maar die swerms brei teen ’n oorweldigende tempo uit.

Netwerk24 het vroeër berig groot sprinkaanswerms kom tans voor oor verskeie dele van die Karoo, onder meer Graaff-Reinet, Aberdeen, Beaufort-Wes en Cradock. Groot sprinkaanswerms kan gewasse verwoes.

Masiza Mazizi, woordvoerder van Nonkqubela Pieters, Oos-Kaapse LUR vir landelike ontwikkeling en landbouhervorming, sê die provinsiale departement het reeds in Februarie verlede jaar bewus geraak van die uitbreking van sprinkane in dele van die Chris Hani- en die Sarah Baartman-distrik.

Die plaag is by die nasionale departement aangemeld en in ’n mate in bedwang gebring.

Die plaag is by die nasionale departement aangemeld en in ’n mate in bedwang gebring.

Mazizi sê in Maart het die provinsiale en nasionale departement weer saamgewerk toe sprinkane in groot swerms begin voorkom. Spuitmiddels teen die sprinkane en toerusting is bekom, terwyl die regering ook opleiding in veilige plaagbeheer aan distriksbeamptes en voormanne aangebied het. Landbouadviseurs besoek ook deurlopend die betrokke gebiede en stuur foto’s, video’s, asook GPS-punte na ’n bevelskomitee.

Volgens Mazizi dryf die departement ook ’n bewusmakingsveldtog wat mense aanmoedig om sprinkaanswerms by die departement aan te meld.

Intussen het die provinsiale departement ’n versoek vir twee helikopters aan die nasionale departement gerig, wat hulle glo die proses van plaagbeheer sal bespoedig.

Dr. Gerhard Verdoorn, bedryfsbestuurder van CropLife SA, het verlede week gesê die plaagbeheermiddel is veral doeltreffend wanneer die sprinkane gespuit word terwyl hulle in die bosse sit. Hy sê die effek van die middel op die omgewing sal dan ook aansienlik minder wees, aangesien slegs die bosse gespuit word waar die sprinkane sit.

• Sprinkaanswerms moet so gou moontlik by die departement van landbou aangemeld word deur hul kantoor by 084 760 8176 of 053 631 3621 te skakel.

Meer oor:  Landbou  |  Sprinkaanplaag  |  Sprinkane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.