Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Pinotage: 10 van die bestes vir 2018

Die eg Suid-Afrikaanse wyndruifkultivar pinotage is vandeesmaand behoorlik in die Boland gevier toe die wenners van die Absa Top-10 Pinotage-kompetisie vir 2018 bekend gemaak is.

Só lyk die top-10 beste pinotage-wyne wat vanjaar op die Pinotage-vereniging se kompetisie vereer is. Foto: Verskaf

Beyers Truter, stigter en voorsitter van die Pinotage-vereniging, was vol lof vir die gehalte van die wyne wat vanjaar ingeskryf is. Volgens Truter bly die mark vir pinotage steeds groei. “As jy na die gehalte van vanjaar se 20 finaliste kyk, is dit duidelik dat ons wynmakers beslis op die regte pad is om pinotage se gewildheid te laat groei,” het Truter op die toekenningsgeleentheid op die wynlandgoed Cavalli buite Stellenbosch twee weke gelede gesê.

“Hulle is duidelik ook vasbeslote om pinotage se gehalte voortdurend te verbeter en om sowel Suid-Afrikaanse as buitelandse verbruikers in te lig en op te voed oor die uitmuntende wyne wat geskep word.”

’n Rekordgetal van 161 inskrywings is vir die 2018-kompetisie ontvang.

Die bekende wynlandgoed Kanonkop het vanjaar geskiedenis gemaak deur die top-10 lys vir die 13de jaar te haal.

Die paneel beoordelaars vir vanjaar se kompetisie was: Neil Ellis, van Neil Ellis
Wines, Samarie Smith, die wynlandgoed Benguela Cove se handelsmerk- en sakebestuurder, die wynmaker Francois Haasbroek, Nomonde Kubheka, wynopvoeder, en Francois Rautenbach, Singita se wynaankoper.

Die Top-10 pinotage-wenners
  • Allée Bleue Black Series Old Vine Pinotage 2016 (wynmaker: Van Zyl du Toit)
  • Beyerskloof Diesel Pinotage 2015 (wynmaker: Anri Truter)
  • Diemersdal Pinotage Reserve 2017 (wynmaker: Thys Louw)
  • Fairview Primo Pinotage 2016 (wynmaker: Anthony de Jager)
  • Flagstone Writer’s Block Pinotage 2016 (wynmaker: Gerhardt Swart)
  • Kaapzicht Steytler Pinotage 2015 (wynmaker: Danie Steytler)
  • Kanonkop Pinotage 2013 (wynmaker: Abrie Beeslaar)
  • Lyngrove Platinum Pinotage 2016 (wynmaker: Danie van Tonder)
  • Môreson The Widow Maker Pinotage 2015 (wynmaker: Clayton Reabow)
  • Rijk’s Reserve Pinotage 2014 (wynmaker: Pierre Wahl)
Museumklas

Produsente is vir die tweede jaar genooi om pinotage-wyne ouer as 10 jaar in dié klas in te skryf.

Die wenners is:

  • Kanonkop Pinotage 2006
  • Neethlingshof Lord Neethling Pinotage 2003
  • Rijk’s Private Cellar Pinotage 2008

En die naaswenners:

  • Grangehurst Pinotage 2008
  • Neil Ellis Vineyard Selection Pinotage 2008


    Meer oor:  Kanonkop  |  Landbou  |  Wyn
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.