Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Pinotage troon uit op nasionale wyntoekennings
Suid-Afrika se wyne kan met die beste ter wêreld vergelyk word.

Net so eg Suid-Afrikaans soos biltong en braaivleis is pinotage ook deel van ons land se kultuur.

En dit is dan juis ook dié unieke rooiwynkultivar wat vanjaar behoorlik as toppresteerder by die 12de ­Novare SA Terroir-wyntoekennings uitgestaan het.

Die geselligheid is aan die einde van Julie op die wynlandgoed Boschendal gehou, en die kompetisie het meer as 320 inskrywings ontvang.

Die Springfontein-landgoed in Stanford het met sy Spring­fontein Limestone Rocks GDV 2013 die toekenning opgeraap vir nasionale pinotagewenner.

Die nasionale wenner van ’n rooi versnit – waar pinotage ook deel van die inhoud is – kom ook van Springfontein af. Dit is die Springfontein ­Limestone Rocks Whole Lotta Love 2014.

Al twee hierdie wyne is ook as deel van die topvyflandgoedwyne in Suid-Afrika gekeur.

Springfontein was boonop ook nog die wenner van die Novare-trofee vir Suid-Afrika se topenkelwingerdwyn, wat vanjaar die tweede keer toegeken is. Dié wyn, Springfontein Jonathan’s Ridge Pinotage 2013, is ook ’n pinotage.

Die ander presteerders

Die wynlandgoed Lourensford in Somerset-Wes was ook vanjaar onder die voorste presteerders. Drie van Lourensford se landgoed-geproduseerde wyne is as nasionale wenners gekeur. Die wyne is:

  • Lourensford Limited Release Merlot 2015,
  • Lourensford Limited Release Viognier 2016, en
  • Lourensford Limited Release ­Noble Late Harvest 2014. Laasgenoemde wyn het die hoogste gemiddelde punte van ál die inskrywings behaal, en is ook as een van die topvyflandgoedwyne in Suid-Afrika aangewys.

Die Bergsig-landgoed in die Breedekloof het ’n tweede jaar agtereenvolgens die Novare-trofee vir Suid-Afrika se topwynlandgoed verower, sowel as die Novare-trofee vir Suid-Afrika se topterroir­produsent. Altesaam nege van die landgoed se tien in­geskrewe wyne het bogemiddelde punte van die beoordelaars ontvang.

Bergsig se twee nasionale wenwyne is:

  • Bergsig ­Cabernet Sauvignon Reserve 2013, en
  • Bergsig Touriga Nacional 2013. Eersgenoemde is ook as een van die topvyflandgoedwyne gekeur.

Die Cederberg-kelder het ook goed gevaar. Hy het twee nasionale wenners opgelewer – een afkomstig van sy wynterrein in die Cederberge en een van die kelder se wyn­terrein in Elim.

Die wenwyne is onderskeidelik:

  • Cederberg Blanc de Blancs Brut 2012 (topvonkelwyn), en
  • Ghost Corner Semillon 2015.

Groot Constantia het ’n derde jaar agtereenvolgens ’n nasionale wenner opgelewer met sy Groot Constantia ­Gouverneurs White 2015 (wit versnit). Voorheen het die landgoed dit met onderskeidelik ’n merlot en ’n pinotage verower.

Die beoordelaars was: David Biggs, Duimpie Bayly, Samarie Smith, Jeff Grier, Sandile Mkhwanazi, Elize Coetzee en Kris Snyman.

Behalwe die nasionale wenners, topvyflandgoedwyne en die Novare-trofeë, is die beste wyne in die verskillende wynstreke ook aangewys.

Besoek www.terroirwineawards.co.za vir ál die uitslae.

Dié wyne wil jy proe, my maat

Hier is die nasionale wenners van die 2017 Novare SA Terroir-wyntoekennings:

  • Merlot: Lourensford Limited Release Merlot 2015
  • Viognier: Lourensford ­Limited Release Viognier 2016
  • Natuurlike soetwyn: Lourensford Limited Release Noble Late Harvest 2014
  • Vonkelwyn: Cederberg Blanc de Blancs Brut 2012
  • Sémillon: Ghost Corner ­Semillon 2015
  • Wit versnit: Groot Constantia Gouverneurs White 2015
  • Chenin blanc: Kaapzicht 1947 Chenin Blanc 2016
  • Sauvignon blanc: D’Aria The Songbird Sauvignon Blanc 2016
  • Chardonnay: Jordan Nine Yards Chardonnay 2015
  • Pinot noir: Oak Valley Groendlandberg Pinot Noir 2016
  • Tannat: Kranskop Tannat 2014
  • Grenache: Ondine Grenache 2015 (Darling)
  • Malbec: Diemersfontein Carpe Diem Malbec Reserve 2015
  • Touriga nacional: Bergsig Touriga Nacional 2013
  • Cabernet sauvignon: Bergsig Cabernet Sauvignon ­Reserve 2013
  • Cabernet franc: Lisha Nelson Cabernet Franc 2014
  • Pinotage: Springfontein ­Limestone Rocks GDV Pino­tage 2013
  • Rooi versnit: Springfontein Limestone Rocks Whole Lotta Love 2014
  • Shiraz: Wildekrans Shiraz Barrel Select Reserve 2014
  • Port: Boplaas Cape Vintage 2014
  • Muskadel: Nuy Red ­Muscadel 2010
Hier is die topvyf: Die wynlandgoedere Lourensford, Nelson Vineyards, Bergsig en Springfontein het vanjaar die topvyflandgoedwyne by die 12de Novare SA Terroir-wyntoekennings gelewer. Hier is Ronel Bester (Lourensford), Lizette Stander (Bergsig), Lucy Richardson (Novare), Lisha Nelson (Nelson Vineyards), Hildegard Witbooi (Springfontein) en Tariro Masayiti (Springfontein) op die toekenningsgeselligheid op Boschendal. Foto: Julian Kruger
Meer oor:  Wyn  |  Pinotage
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.