Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Planne om boere weer aan die saai te kry
Agri SA se droogtefonds het nagenoeg 13 000 kommersiële boere, 19 000 opkomende boere en 9 000 plaaswerkers gehelp. Foto ter illustrasie

Die ware impak van die afgelope twee jaar se droogte sal eers in die komende seisoen bepaal kan word, sê Johannes Möller, president van Agri SA.

Agri SA, wat dié week sy kongres in Centurion gehou het, sê hy het as ’n organisasie gesprekke gevoer met die regering en instansies soos die Landbank, nasionale tesourie en finansiële instellings oor hoe om boere in dié tye te help.

Van die opsies wat bespreek word, is goedkoper produksiekrediet, die tydperk en betaling van rentesubsidies, oorlaatskuld en sagter lenings (wat in die praktyk meer krediet en langer terugbetalingstermyne beteken).

Die oogmerk van Agri SA se ingrypings is om boere terug te kry in produksie. Möller sê dit kan rampspoedig wees as ’n boer byvoorbeeld net 60% van sy krediet gebruik – en dus net 60% van sy aanplantingsvermoë benut, maar dan is dit ’n baie goeie produksiejaar. Dink net hoeveel het dan verlore gegaan.

Geouditeerde syfers van die droogtehulpfonds wat aanvanklik deur Senwes, Media24 en Agri SA begin is, wys R16 miljoen is ontvang en uitgedeel.

Die fonds is intussen oorgedra na Agri SA. Möller sê die landbousektor is dankbaar vir elke sent. Die droogte het gewys boere staan saam ongeag kleur, geslag of grootte van ’n boerdery.

Dit is egter kommerwekkend dat min regeringshulp vir kommersiële boere nog ontvang is.

Uit die droogtehulpfonds is nagenoeg 13 000 kommersiële boere tot dusver gehelp, wat sowat een derde is van die 35 000 kommersiële boere in Suid-Afrika.

Sowat 19 000 boere in die opkomende sektor is gehelp.

Net meer as 9 000 plaaswerkers is gehelp, wat hulp aan sowat 36 000 mense beteken, want elk van die werkers onderhou gemiddeld vier familielede.

Ander hulp sluit in:

  • 66 557 voerbale is versprei;
  • 36 609 sakke voerpille is ­versprei;
  • 579 vragmotors is benut vir verspreiding van die hulp;
  • 548 000 liter water is ­versprei;
  • 20 watertenks is geskenk; en
  • drie boorgate is gesink.

Die grootste deel van die R16 miljoen is in die Noord-Kaap uitbetaal, naamlik R3,42 miljoen. Noordwes het R3,39 miljoen ontvang, die Vrystaat R3,19 miljoen en die Wes-Kaap ’n bedrag van R2,3 miljoen.

Meer oor:  Agri Sa  |  Johannes Möller  |  Droogte  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.