Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
R2,5 mjd. se belasting in gedrang oor drankverbod

Die drankbedryf se aksynsbelasting van R2,5 miljard per maand is in gedrang nadat die vierde drankverbod op verkope vir ’n onbepaalde tydperk ingestel is.

Selfs wynproe wat belangrik is vir wyntoerisme word nie meer toegelaat nie.

Die Suid-Afrikaanse vereniging van drankhandelsname (Salba) sê die drankbedryf gaan by die belastinggaarder aansoek doen om uitstel op die betaling van aksyns te kry totdat die verbod opgehef word.

Die wynbedryf beskou dit as die vierde verbod wat ingestel is nadat pres. Cyril Ramaphosa Maandagaand aangekondig het die verbod wat einde Desember in werking gestel is, word verleng.

Aksyns word by die punt van produksie gehef wat beteken dat alkoholondernemings ’n verpligting het om die aksynsbelasting te betaal op eindprodukte in hul pakhuise, wat weens die huidige verbod op verkope nie verkoop kan word nie.

Kurt Moore, uitvoerende hoof van Salba, sê die regering het nie aangedui wanneer alkoholverkope weer toegelaat sal word nie.

“Dit is dus verstandig dat die bedryf elke moontlike kostebesparingsmaatreël toepas om kop bo water te hou.”

Hy sê om die betaling van aksynsbelasting te vertraag is ’n belangrike faktor om die oorlewing van ondernemings te bewerkstellig.

“Die bedryf en sy hele waardeketting word deur ’n enorme finansiële krisis gekonfronteer en die vermoë om te betaal is erg beperk.”

Moore sê die landwye verbod op die verkoop van alkohol het ingrypende gevolge.

“ ’n Meer geteikende en genuanseerde benadering is nodig, en die bedryf het ’n beroep op die regering gedoen om oor billike en lewensvatbare alternatiewe te praat.”

Moore sê dit sluit in dat beperkte verkope vir huishoudelike verbruik toegelaat word, wat ’n beperkte invloed op die huidige golf van infeksies het.

Ramaphosa het bloot gesê die huidige inperking sal duur totdat die piek van die nuwe golf verbygesteek is en die land seker is die koers van oordrag het genoeg geval om die inperking veilig te verslap.

Die bedryf het voorheen uitstel gekry vir ten minste R5 miljard se aksynsbelasting in Julie en Augustus 2020 toe die regering alkoholverkope verbied het.

Die bedryf het sedertdien die betalings aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gedoen toe verkope weer kon plaasvind.

Die wynbedryfsliggaam Vinpro, wat 2 500 wynprodusente en -kelders verteenwoordig, glo in die 17 weke wat drankverkope verbied is sedert Maart 2020 het die wynbedryf meer as R8 miljard se inkomste uit regstreekse verkope verloor.

Rico Basson, uitvoerende hoof van Vinpro, sê met minder as ’n week oor voordat die oes in 2021 begin, is die wynbedryf in ’n benarde situasie met ondernemings wat sluit en werkverliese wat plaasvind.

Hy sê die fiskus verloor geld weens die verbod.

“Die impak van die werkverlies en verlies aan verkoopsinkomste gaan uitkring en ander ondernemings en die ekonomie van die land skade berokken.”

Kurt Moore, uitvoerende hoof van Salba, sê die regering het nie aangedui wanneer alkoholverkope weer toegelaat sal word nie.

“Dit is dus verstandig dat die bedryf elke moontlike kostebesparingsmaatreël toepas om kop bo water te hou.”

Hy sê om die betaling van aksynsbelasting te vertraag is ’n belangrike faktor om die oorlewing van ondernemings te bewerkstellig.

“Die bedryf en sy hele waardeketting word deur ’n enorme finansiële krisis gekonfronteer en die vermoë om te betaal is erg beperk.”

Moore sê die landwye verbod op die verkoop van alkohol het ingrypende gevolge.

“ ’n Meer geteikende en genuanseerde benadering is nodig, en die bedryf het ’n beroep op die regering gedoen om oor billike en lewensvatbare alternatiewe te praat.”

Moore sê dit sluit in dat beperkte verkope vir huishoudelike verbruik toegelaat word, wat ’n beperkte invloed op die huidige golf van infeksies het.

“Behalwe vir die skade aan die fiskus, het die inperking ook ’n verreikende negatiewe impak op die land se reeds bedenklike maatskaplik-ekonomiese verknorsing en die lewensvatbaarheid van die bedryf,” sê Salba.

Daar is geen tydelike verligting vir werkgewers of werknemers (Ters) vir enige van die klein en mediumondernemings in die sektor nie, insluitend tavernes, restaurante en kroeë.

Terselfdertyd is daar ernstige kommer oor die langtermyn- maatskaplike impak wat dranksmokkelaars op die land gaan hê wat hul voet in die deur kry.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie beslaan onwettige alkohol na raming 24% van die algehele alkoholmark in die land. Daar gaan jaarliks ??meer as R6,4 miljard se belastinginkomste verlore weens dié onwettige verkope, volgens Euromonitor.

Die BBP van die land het in 2020 weens die pandemie en die inperking met 8% ingekrimp, volgens Statistieke Suid-Afrika. Die alkoholsektor dra R172 miljard (3%) by tot die BBP.

In Oktober het die nasionale tesourie in die mediumtermynbegroting beraam aksynsbelasting gaan tot einde Februarie met 28% verminder van R47 miljard in 2019 tot R34 miljard.

“Ons verwag dié verlies gaan elke dag en week van die huidige verbod vererger.”


Meer oor:  Salba  |  Vinpro  |  Drankverkope  |  Vlak 3  |  Wynbedryf  |  Inperking  |  Drankverbod  |  Drankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.