Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Rekordpryse behaal ten spyte van droogte
Van links is Matthew Fox (OVK-afslaer), Ben van der Westhuyzen (verkoper), Ilse van der Westhuyzen (verkoper) en Pierre van der Vyver (OVK-bestuurder, sybokhaar) met die wêreldrekordprys-sybokhaar.

Die tweede laaste sybokhaarveiling van die 2019-somer-verkoopseisoen het ’n nuwe wêreldrekordprys tot gevolg gehad – ten spyte van die voortslepende droogte in die Oos-Kaap.

Volgens Pierre van der Vyver, bestuurder van OVK se sybokhaarafdeling, is met groot afwagting uitgesien na hierdie veiling Woensdag in Port Elizabeth, omrede die meeste van die topskeersels in Suid-Afrika jaarliks op dié veiling verkoop word.

En dit het nie teleurgestel nie.

“Die nuwe wêreldrekordprys is op die veiling opgestel toe twee bale jongbokhaar (aangebied as winterkleinbokkiehaar) van Ben van der Westhuyzen, van die plaas Leewdrift in die Adelaide-distrik, verkoop is teen R589 per kg.

“Die sybokhaar is geskeer van jong diere wat spesiaal deur ’n rekenaar en die EGT-proses vooraf uitgekies is vir fynheid, lengte en gehalte. Die twee bale het 24,8 mikron getoets met ’n skoonopbrengs van 89,1%,” aldus Van der Vyver.

Die bekende pa-seun-kombinasie van Billy en Fred Colborne van die plaas Kilborne in die Willowmore-distrik het met die seisoensrekord weggestap op dieselfde veiling teen R801,10/kg vir hul baal somerkleinbokkiehaar.

“Die hele bedryf sien egter nou met groot verwagting uit na die Ermenegildo Zegna-kompetisie-veiling in Junie. Dan word net die beste bale somerkleinbokkiehaar beoordeel en verkoop. Die wenners kry wêreldwye erkenning as die beste baal sybokhaar ter wêreld,” het Van der Vyver bygevoeg.

Meer oor:  Oos-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.