Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Reserwebank verbied gebruik van Landbank se skuld

Die Reserwebank het tydelik banke en institusionele beleggers verbied om skuldinstrumente van die Landbank as kollateraal te gebruik.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebankgebou in Pretoria. Foto: Getty Images

Dit is nadat die Landbank verder in rommelstatus afgegradeer is en boonop onlangs ’n wanbetaler geword het.

Die Reserwebank se besluit sal nou bykomende druk plaas op die bankstelsel, veral kommersiële en beleggingsbanke asook institusionele beleggers wat klaar ’n tekort aan skuldinstrumente ervaar wat nodig is vir hul daaglikse bedrywighede deur middel van oornag-kontantlenings.

Moody’s het die Landbank se kredietgradering in Januarie van Ba2 na B1 verlaag, terwyl Fitch ook gedreig het om hom dieper in rommelstatus in af te gradeer. Die bank het einde April ’n wanbetaler geword op lenings van R50 miljard te midde van wat hy ’n “likiditeitstekort” genoem het.

“In die lig van die onlangse verwikkelinge rondom die Landbank, insluitend die afgradering en die daaropvolgende wanbetaling, het die Reserwebank ’n besluit geneem om die rekeninge van die Landbank tydelik op te skort as kwalifiserende kollateraal in sy repo-bedrywighede,” het die Reserwebank die naweek gesê.

Sedert die Covid-19-pandemie gelei het tot die nasionale staat van inperking het kapitaalmarkte ’n beduidende likiditeitstekort ervaar namate beleggers hulle gehaas het om ontslae te raak van bates in ontluikende markte.

Dit het toe die gewoonlik konserwatiewe Reserwebank gedwing om onkonvensionele beleid toe te pas, wat ingesluit het dat hy staatseffekte opgekoop en bykomende repo-veilings gehou het om likiditeit in die skuldmark in te stoot.

Tot dusver het dit gewerk, maar die verwydering van die Landbank se skuldinstrumente van die lys sekuriteite wat op weeklikse repo-veilings as kollateraal toegelaat word, kan opnuut likiditeitsprobleme laat ontstaan.

Die Landbank sukkel reeds om sy bedrywighede te finansier, en die Reserwebank se stap gaan dit vir hom net nog moeiliker maak, veral wat betref sy skuldbetalings waarvan 50% in die volgende jaar betaalbaar word, en nog 10% in die volgende drie jaar.

Die verbod op die gebruik van Landbank-instrumente as kollateraal sal geld vanaf Woensdag wanneer die Reserwebank sy hoof weeklikse repo-veiling hou, het Samantha Springfield, senior bestuurder by die Reserwebank, Saterdag gesê.

“Enige Landbank-sekuriteite wat ons tans het, sal teruggegee word aan die banke wat dit as kollateraal gebring het.”

Die Reserwebank aanvaar tans staatseffekte, skatkiswissels en sy eie skuldbriewe as kollateraal op sy weeklikse repo-veilings. Die Landbank se skuldinstrumente was tot dusver die enigste skuld van ’n staatsonderneming wat deur die Reserwebank as kollateraal aanvaar is.

Die tesourie, wat sowat R5,7 miljard van die Landbank se skuld waarborg, het nog geen bykomende finansiering van die bank aangekondig nie.

In ’n voorlegging aan beleggers in 2019 het die Landbank gesê 17,5% van sy skuld word deur kommersiële banke gehou, terwyl 40% in die hande van institusionele beleggers is. – Reuters

Meer oor:  Landbank  |  Reserwebank  |  Staatsondernemings  |  Skuld  |  Banke  |  Reddingsboei  |  Effekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.