Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Rooibos vir mooimaak kan fluks groei, meen raad
’n Veld van aangeplante rooibos in die omgewing van Clanwilliam in die Wes-Kaap.

Die uitvoer van rooibostee en rooibosekstrak het verlede jaar tot meer as 7 600 ton gegroei, volgens die Suid-Afrikaanse Rooibosraad.

Dit is wel nog minder as 2015 se hoogtepunt van sowat 8 000 ton.

Rooibos is saam met ander natuurlike middels soos kokosneutolie, soethoutekstrak of wierookolie toenemend ook nou in die visier van talle plaaslike en internasionale vervaardigers van skoonheidsmiddels. Hulle gebruik rooibosekstrak in vel-, haar- en naelsorgmiddels, asook in grimeermiddels of parfuum.

Adele du Toit, woordvoerder van die Rooibosraad, sê natuurlike middels is tot onlangs nog net in gesondheidswinkels en op plaasmarkte verkoop, maar verbruikers dring al hoe meer aan op organiese of kruiehandelsname. Dit dryf die voorkeur en vraag aan na produkte wat rooibos bevat.

“Dit was eers ’n baie nis-tipe produk wat die skoonheidsbedryf nie ernstig opgeneem het nie, maar hulle soek nou nuwe natuurlike opsies vir hoofstroom-skoonheidsmiddels,” sê Du Toit.

Die internasionale mark vir natuurlike skoonheidsmiddels word tans op $78,5 miljard geraam en kan oor die volgende paar jaar teen 5,2% per jaar groei, meen die Rooibosraad.

Rooibostee-toetse word gedoen by die SA Rooibosraad se laboratorium. Foto: SA Rooibosraad

“Die helfte van verbruikers verkies nou organiese of kruie-gegronde produkte. Dit is deel van ’n skuif na jonger verbruikers wat plaaslik vervaardigde natuurlike produkte in alle verbruikerskategorieë verkies.”

Kruieprodukte gemik op vroue verteenwoordig steeds die grootste deel (72,4%) van verkope in dié mark, maar volgens Du Toit is die segment vir mansprodukte ook sterk aan die groei. Markontleders verwag dié segment sal tussen nou en 2027 met 5,6% per jaar groei.

Rooibosekstrak bevat gekonsentreerde plantbestanddele vol antioksidante en help om plooie, veroudering en puisies te voorkom, volgens Du Toit. Benewens Amerika is die Europese mark vir skoonheidsmiddels ’n goeie mark vir uitvoerders van natuurlike middels vanuit opkomende ekonomieë, meen Du Toit.

Meer oor:  Rooibos  |  Landbou  |  Skoonheidsbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.