Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Rosyntjietyd in die Groen Kalahari

Dis rosyntjietyd in die Groen Kalahari en rosyntjieboere aan die Oranjerivier – van Groblershoop tot in Kakamas – het Maandag begin oes.

Dis ’n miernes van bedrywighede soos die werkers woel en trekkers met waens vol bloedrooi kratte gevul met druiwe die stof oor die vlaktes laat staan.

Sylvester Oranje en sy span op hul trekker en wa, waarmee hulle ’n vrag Selma Pete-druiwe wat pas gesnoei is, na die droogbane neem om gedroog te word. Foto: Anena Burger
Sylvester Oranje en sy mede-werkers loog die druiwe nadat dit gesnoei is voordat dit na die droogbane geneem word. Die loogproses lewer ’n ligkleurige rosyntjie. Songedroogde druiwe wat nie geloog word nie, produseer die gewone donker rosyntjie wat in die meeste Suid-Afrikaanse huise gebruik word. Foto: Anena Burger
Die werknemers van die plaas Blaauwskop buite Kanoneiland, sowat 30 km van Upington af, glimlag breed met die druiweoes wat nou uitgelê word om as rosyntjies gedroog te word. Foto: Anena Burger

Oestyd is ’n enorme spanpoging in dié warm wêreld, wat op ’n goeie dag soos die hel se sitkamer voel. Die druiwe moet vinnig gesnoei, geloog en op die droogbane gelê word.

Almal spring in en álmal help, want vele hande maak ligte werk en dít is hoe dit nog altyd langs die Oranjerivier gedoen is.

In dié tyd word ook hard gebid dat die oes ná maande se harde werk goeie resultate sal lewer, en natuurlik dat dit net nie nou reën nie.

Jo-Marie Pieters is een van die werknemers wat help om die druiwe op die droogbane uit te lê.Foto: Anena Burger
Lucky Ndiwe help om kratte druiwe op ’n wa te laai nadat dit geloog is. Foto: Anena Burger

Op Anton en Monica de Villiers se plaas, Blaauwskop, sowat 30 km buite Upington, het die kwik Donderdag by 43 °C gedraai.

Sedert die oestyd Maandag begin het, het die kwik nog nie onder 40 °C gesak nie.

Anton sê die droë en warm weer is goed vir die droog van rosyntjies. Hy produseer rosyntjies van die nuwer Selma Pete-kultivar.

Die huidige warm weersomstandighede droog die druiwe binne ongeveer vyf dae uit. In koeler omstandighede neem dit sowat sewe dae.

Naas Turkye is Suid-Afrika een van die grootste rosyntjieprodusente ter wêreld.

Meer oor:  Oranjerivier  |  Kakamas  |  Boere  |  Druiwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.