Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
RPO vra dat verbod op veilings tersyde gestel word

Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) het met skok en verbasing kennis geneem van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling en die lewendehawebedryf se tydelike verbod op lewendehawe-veilings in sekere provinsies weens die uitbreek van bek-en-klouseer.

Die provinsies wat geraak word is Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en Noordwes.

Volgens Koos van der Ryst, voorsitter van die RPO, skep die verbod op lewendehawe-veilings in vier provinsies paniek.

“Dit is belangrik dat die staat bek-en-klouseer met baie groter erns moet hanteer, aangesien die wyse waarop die uitbrekings sedert Januarie 2019 hanteer is, onaanvaarbaar is.

“Die organisasie besef die dringendheid om die nuwe uitbreking te beheer wat ’n kritieke impak op die ekonomie van landbou het. Die stop van veilings oor so ’n groot area sal na ons mening nie ’n bydrae lewer om die probleem op te los nie, maar dit eerder vererger.

“ ’n Dringende beroep is op die minister gedoen om kapasiteit by die nasionale en provinsiale departemente op te skerp en bykomende fondse beskikbaar te stel om die probleem aan te spreek. Bek-en-klouseer het geen impak op mense nie en dit is veilig om produkte van gesplete hoefdiere te verbruik soos byvoorbeeld vleis en suiwelprodukte,” het Van der Ryst, gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.