Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
SA beesvleis na al hoe meer lande uitgevoer

Suid-Afrikaanse beesvleis word op al hoe meer lande se rakke verkoop.

Suid-Afrikaners kan nie altyd duur snitte soos filet bekostig nie en daarom word al hoe meer beesagterkwarte uitgevoer. Foto: Pixabay

Uitvoer van beesvleis het van 14 634 ton in 2012 tot 39 135 ton in 2016 gestyg, sê Wandile Sihlobo, ekonoom van Agbiz, in ’n rubriek vir Fin24.

Sihlobo sê die beesvleisbedryf ontgin nuwe uitvoermarkte. Beesvleis word vars, verkil en bevrore uitgevoer.

Tussen 2012 en 2016 is R203 miljoen meer beesvleis uit- as ingevoer.

Die grootste persentasie van die vleis wat uitgevoer word, is bevrore.

Groot markte vir vars Suid-Afrikaanse beesvleis sluit Swaziland, Mosambiek en Lesotho in, asook Midde-Oosterse lande soos Jordanië, Koeweit en die Verenigde Arabiese Emirate.

Bevrore beesvleis word veral na die Verre-Ooste – lande soos Viëtnam en Hongkong – uitgevoer, maar ook na Mosambiek, Angola, Lesotho en Koeweit.

Lees die volledige rubriek hier.

Meer oor:  Agbiz  |  Wandile Sihlobo  |  Uitvoer  |  Vleis  |  Beesvleis  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.