Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
SA studie mag nou kyk of dagga pyn, stres hokslaan

Duisend vrywillige Suid-Afrikaners gaan deelneem aan die land se eerste navorsingstudie oor die uitwerking van medisinale dagga op mense se pyn- en spanningsvlakke.

Die genoteerde firma Labat het Vrydag aangekondig een van sy filiale, Biodata, het goedkeuring gekry vir dié studie.

Daar word gesoek na vrywilligers vir Suid-Afrika se eerste goedgekeurde navorsingstudie oor die uitwerking van dagga op mense se pyn- en spanningsvlakke. Foto: Unsplash

Dit gaan probeer om vas te stel of opioïede, wat gebruik word in medisyne om pyn te beheer, doeltreffend met medisinale dagga vervang kan word.

Dit sal ook die newe-effekte van die gebruik van medisinale dagga by deelnemers monitor.

Die studie sal sowel daggaplante as kannabidiol-olie gebruik om die effekte daarvan op deelnemers aan te teken.

Opioïede is uiters verslawend en wêreldwyd sterf baie mense weens die oordosering en misbruik daarvan.

Die navorsing voldoen aan internasionale etiese standaarde uiteengesit vir kliniese navorsing oor nuwe middele.

Dr. Shiksha Gallow van Biodata sal die studie, wat deur Labat geborg word, lei. Dit sal op drie verskillende persele in die land uitgevoer word.

Die kriteria waaraan vrywilligers moet voldoen, sal mettertyd bekend gemaak word.

Meer oor:  Labat  |  Dagga-Olie  |  Medisinale Dagga  |  Dagga  |  Kannabidiol  |  Kannabis  |  Landbou  |  Farmaseutiese Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.