Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
SA suurlemoene gou op pad na China

Suurlemoene uit Suid-Afrika kan uiteindelik na China uitgevoer word nadat ’n hersiene protokol tussen die twee lande beding is.

China kry binnekort tonne suurlemoen vanuit Suid-Afrika. Foto: Unsplash

Die proses het ses jaar geduur.

Daar word verwag dat die land se sitrusboere al hoe meer suurlemoene gaan oes en dié bedryf kan teen 2024 tot 175 000 ton suurlemoene oplewer.

Sodra die uitvoer van Suid-Afrika se suurlemoene na China op dreef is, kan tot 25 000 ton teen 2024 na China uitgevoer word, volgens ’n verklaring deur die Sitruskwekersvereniging van Suid-Afrika.

Indien dit gebeur, sal Suid-Afrika dit regkry om meer suurlemoene uit die Suidelike Halfrond na China uit te voer en só Argentinië en Chili in te haal as die grootste uitvoerder uit dié halfrond.

Die ondertekening van die protokol deur Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, is onlangs afgehandel.

Dit kan sorg vir R325 miljoen se inkomste uit sitrusuitvoer en 800 werkgeleenthede.

Suid-Afrika voer reeds lemoene, pomelo’s en ander sagte sitrus na China uit; dit het teen 2020 nagenoeg 130 metrieke ton beloop.

Die nuus oor die suurlemoenprotokol is nog ’n mylpaal vir die sitrusbedryf, volgens die vereniging.

Suid-Afrika het onlangs ook begin om sitrusvrugte na die Filippyne uit te voer.

Dié nuwe uitvoermark sal sorg vir ongeveer R205 miljoen se jaarlikse inkomste.

LEES OOK: Ná 12 jaar kan Filippyne uiteindelik aan SA sitrus smul

Meer oor:  China  |  Landbou  |  Suurlemoene  |  Uitvoer  |  Sitrus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.