Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
SA tafeldruiwe op pad na China

Suid-Afrikaanse tafeldruiwe gaan toenemend na China uitgevoer word.

Suid-Afrikaanse tafeldruiwe word by die Jiangnonghui-vrugtemark in die stad Guangzhou in China bekend gestel. Foto: Verskaf

Die Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryf (Sati) het verlede week die bekendstelling van sy ontwikkelingsveldtog om tafeldruiwe na China uit te voer, by die Jiangnonghui-vrugtemark in die stad Guangzhou begin. Die geleentheid het ook die amptelike begin van die 2021-Suid-Afrikaanse tafeldruifseisoen in China ingewy met gewilde variëteite druiwe uit Suid-Afrika. Van die variëteite sluit in Crimson- pitlose druiwe, Sweet Sapphire en Sweet Joy.

Sati het die veldtog by die mark begin saam met die Chinese varsvrugte-invoerder en -verspreider Goodfarmer.

Sati-verteenwoordigers het China die afgelope paar jaar gereeld besoek om uit te vind wat verbruikers en handelaars verkies en om seker te maak die druiwe sal aan die mark se smaak, voorkeure en vereistes voldoen.

Suid-Afrika is reeds ’n toonaangewende wêrelduitvoerder van vars vrugte, maar histories was Europa die belangrikste eindbestemming vir sy vrugte. Sati se promosieveldtog weerspieël egter die groeiende belang van die Chinese mark, sê Willem Bestbier, uitvoerende hoof van Sati.

“Sati is trots en opgewonde om sy eerste Suid-Afrikaanse markontwikkelingsveldtog vir die uitvoer van tafeldruiwe na China van stapel te stuur.

“Hierdie veldtog bring uitgesoekte produsente en uitvoerders uit ons pragtige en diverse land byeen met van China se bekende invoerders, groothandelmarkte en kleinhandelaars. Die doel is om Suid-Afrikaanse tafeldruiwe ten toon te stel wat die slagspreuk ‘mooi land, mooi vrugte’ gestand doen.”

Handelaars en verbruikers in China sal voordeel trek uit Sati se samestelling van Chinese spesifikasies wat daarop fokus om seker te maak die beste gehalte van Suid-Afrikaanse tafeldruiwe word aangebied aan ’n uiters kieskeurige mark.

“Suid-Afrika is ’n pragtige land met ’n unieke geografie en klimaat wat geskik is vir die verbouing van vrugte van topgehalte, waarvan vars, soet, sappige en krakerige druiwekorrels van die beste is,” sê Eric Zheng, hoofbestuurder van die maatskappy Shanghai Goodfarmer Apple. “Goodfarmer is daartoe verbind om gesonde en heerlike vrugte- en groenteprodukte aan ons mense te bied deur middel van ons netwerk van verspreidings- en groothandelmarksentrums wat oor 26 provinsiale hoofstede in China strek. Ons sien daarna uit om saam met Sati en ons ander vennote meer Chinese verbruikers die geleentheid te gee om van die vars, lekker en gesonde Suid-Afrikaanse druiwe te geniet.”

Meer oor:  China  |  Landbou  |  Uitvoer  |  Handel  |  Tafeldruiwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.