Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
SA Water Warriors help boere in droë Ladismith

“Baie dankie aan elke boer en boervrou vir die kos op ons tafel.”

So lui die woorde op van die bokse met skenkings wat die naweek deur SA Water Warriors aan boere in die droogtegeteisterde Ladismith en omstreke in Kannaland afgelewer is.

Dié noodlenigingsorganisasie het Saterdag onder meer 30 t water, 15 t mielies, kruideniersware, diesel en bale lusern in konvooie na Ladismith aangery. Mense van George, Gauteng en Kaapstad het van die skenkings in hul motors daarheen geneem.

Van die skenkings aan die landbougemeenskap in Ladismith. Foto: SA Water Warriors

Dit het vroeër aan die lig gekom dat lusernlande in Ladismith al ses jaar braak lê en dat talle boere moet stap omdat hulle nie diesel het om veld toe te ry en na hul vee om te sien nie.

Volgens die organisasie het kleinboere van tot by Zoar hul dank teenoor die organisasie betuig en het die trane gevloei toe die hulp vir die boere, hul gesinne en werkers opgedaag het.

“Die uitreik in Ladismith was ’n reusesukses,” sê Pieter du Plessis van Water Warriors in George. “Ons kon dit danksy die ondersteuning van Suid-Afrika, ons vrywilligers en skenkers doen.”

Die organisasie het ook vroeër vanjaar verligting aan die landbougemeenskap in Kenhardt in die Nood-Kaap gebring.

Lusern word Saterdag in Ladismith afgelaai. Foto: SA Water Warriors
Bemoedigende woorde aan boere op van die bokse met skenkings. Foto: SA Water Warriors
’n Kattebak vol water en ander skenkings. Foto: SA Water Warriors

Die organisasie beplan nog uitreikaksies na droogtegeteisterde landbougebiede vanjaar, maar is afhanklik van skenkings van die publiek en sakeondernemings.

• Vir inligting oor die organisasie se werksaamhede besoek die Facebook-blad.

Meer oor:  Ladismith  |  Droogte  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.