Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Sakevertroue in landbou lyk beter
Sakevertroue in die landbousektor het in die derde kwartaal begin styg. Foto: Bloomberg

Die indeks vir sakevertroue in die landbou het in die derde kwartaal weer begin klim.

Die indeks het van die laagste vlak sedert 2009 van net 39 punte in die tweede kwartaal vanjaar tot 51 punte in die derde kwartaal geklim.

Dit is luidens die jongste verslag van Agbiz en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) se indeks oor

sakevertroue in die landbousektor wat Maandag uitgereik is.

Wandile Sihlobo, Agbiz se hoofekonoom, sê in ’n verklaring die indeks wys dat die sektor besig is om te herstel ná die groot droogte wat boere sedert 2019 geteister het.

Die sektor, wat as noodsaaklike diens geklassifiseer is en meestal nie deur die staat van inperking geraak is nie, kon die afgelope maande normaal met hul bedrywighede voortgaan.

Sihlobo sê daar is geen twyfel dat die wyn- en tabakbedrywe egter steeds onder groot druk verkeer nie omdat die verkoop van dié produkte vir ’n groot deel van die staat van inperking verbied was.

Dit was dan ook net die landbou wat in die tweede kwartaal die enigste een uit tien sektore was wat groei getoon het.

Luidens syfers wat Statistieke Suid-Afrika op 8 September uitgereik het, het die landbou met 15,1% in die tweede kwartaal gegroei. Die produksie van graan, groente, vrugte en vleis het gestyg.

Die afdelings van die indeks wat die meeste bygedra het tot die groei in vertroue in die landbou is:

  • Omset en netto bedryfsinkomste: Dié subindekse het met onderskeidelik 21 en 26 punte tot 50 en 47 gestyg. Beter produksie en hoër uitvoerpryse is die rede vir dié styging.
  • Algemene landbou-omstandighede: Hierdie subindeks het met 27 punte tot 79 gestyg. Dit is die hoogste vlak sedert die tweede kwartaal van 2014. Die grootste rede vir dié styging was beter weersomstandighede in die Wes-Kaap en die vooruitsig van hoër reënval in 2020 en 2021.
Meer oor:  Agbiz  |  Wandile Sihlobo  |  Sakevertroue  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.