Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Samewerking sleutel tot groei vir landbou
TP Nchocho, uitvoerende hoof van die Landbank.

Finansiering alleen is nie die enigste katalisator vir groei in die landbousektor nie. Die oordrag van vaardighede van groot kommersiële boere na ontluikende boere, insluitend vroue en die jeug, is ook ’n sleutelkomponent wat groei in die Suid-Afrikaanse landbousektor dryf, sê TP Nchocho, uitvoerende hoof van die Landbank.

Hy het op ’n mediakonferensie van dié staatsondersteunde bank gesê die landbousektor moet met die regering en ander belanghebbendes hande vat om sy volle potensiaal te bereik.

“Ons program om met kommersiële tussengangers te werk wat ontluikende boere met die nodige vaardighede toerus, het ’n mosie van vertroue van die Wêreldbank gekry,” sê Nchocho.

Die Wêreldbank het krediet van R1,3 miljard voorgeskiet vir dié program en dié finansiering word deur staatswaarborge gesteun.

Nchocho het onder meer verwys na die suksesvolle bemagtigingsprojek wat die Landbank saam met die Sernick-groep van die Noord-Vrystaat aangepak het. Hiervolgens het Sernick in 2016 finansiering by die Landbank vir 60 opkomende boere bekom om onder meer vir hulle 3 000 kalwers aan te koop en hulle te leer hoe om die kalwers in voerkrale te voer. Die projek is vanjaar selfs verder uitgebrei.

Die Landbank was ook betrokke by die Mouton Sitrus-bemagtigingstransaksie sowel as by die verkryging van 25% van die Fruit Farmers Group deur Talis Investments, ’n swartbemagtigingsgroep.

“Dié transaksies is almal onlangs deur die Landbank gefinansier as bewys dat transformasie deur die Landbank moontlik is waar daar ’n gewilligheid en samewerking tussen verskillende rolspelers bestaan,” sê Nchocho.

Hy het bygevoeg dat die Landbank van plan is om R3 miljard se toekennings aan die landbousektor te doen waarvan R1 miljard aan ontwikkeling bestee sal word.

“Ons sal voortgaan as deel van ons mandaat om te verseker dat volhoubare finansiering beskikbaar is vir tussengangers om transformasie, groei in die landbousektor, indiensneming, voedselsekuriteit en volhoubare ontwikkeling te bevorder.”

Meer oor:  Landbank  |  Opkomende Boere  |  Kleinboere  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.