Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Sasol-hoof: ‘Davos nie bekommerd oor onteiening’

Internasionale beleggers by Davos was verrassend genoeg nie té begaan oor die grondkwessie nie, sê Sasol se uitvoerende hoof.

Bongani Nqwababa, mede-uitvoerende hoof van Sasol.Foto: Elvira Wood

“Hulle sê dit is ’n groot probleem wat opgelos word. Hulle sien dit word grondwetlik en op ’n inklusiewe manier hanteer. Hulle is gemaklik met die proses,” sê Bongani Nqwababa.

Ook Rob Shuter, uitvoerende hoof van MTN, sê die geraas oor onteiening sonder vergoeding was nie die hoof-kwelpunt by die Wêreld- Ekonomiese Forum nie.

“Baie beleggers het die Suid-Afrikaanse dialoogsessie bygewoon waar pres. Cyril Rama­phosa grondhervorming bespreek het. Hy het gesê dit is ’n sensitiewe onderwerp vir baie Suid-Afrikaners en dat ons meer stappe moet doen om vir meer mense die geleentheid te gee om grond te besit.

“Dit was ’n baie gebalanseerde perspektief op grondhervorming, en beleggers het dit gerusstellend gevind.”

Sipho Pityana, president van Business Unity South Africa en voorsitter van AngloGold Ashanti, sê die Suid-Afrikaanse afvaardiging het ’n warm ontvangs in ’n yskoue Davos ontvang. Dit het gehelp dat die afvaardiging op aksie-items kon fokus – soos om uit te wys dat die Zondo-kommissie oor staatskaping reeds goeie vordering gemaak het.

Die Suid-Afrikaanse afvaardiging moes ook bontstaan om vrae te beantwoord oor Eskom, die onafhanklikheid van die Reserwebank en die trae ekonomiese groei.

Ramaphosa het op die beraad verwys na ’n nuwe verslag van die VN se konferensie oor handel en ontwikkeling (Unctad) dat regstreekse buitelandse beleggings in Suid-Afrika van 2017 tot 2018 met meer as 440% toegeneem het.

Luidens die verslag wat dié week bekend gestel is, het buitelandse beleggings in Suid-Afrika in 2017 $1,3 miljard beloop en verlede jaar tot $7,1 miljard gestyg. Ramaphosa het gesê dié fenomenale styging volg op die hervormings sedert Februarie verlede jaar.

Ramaphosa het weer herhaal dat Eskom binnekort ’n regrukplan gaan hê en dat die Reserwebank onafhanklik sal bly.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.