Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Ses vroue skep winsgewende oasis in dorre Pella

Wanneer jy aan Namakwaland se Pella-distrik dink, is dit moeilik om jou ’n vars groente-en-vrugteproduksie-oase in hierdie dorre deel van die land voor te stel. Maar ’n groepie vroue uit hierdie gemeenskap het doemprofete verkeerd bewys en spog vandag met ’n suksesvolle en innoverende boerdery in die Noord-Kaap.

Ester Nell, mede-direkteur van Pella Food Garden Cooperative, wys hoe presies die Akwaponiese-boerderymodel werk. Foto: Verskaf

Die Pella Food Garden Cooperative is ’n koöperasie­ wat besit word deur ses vroue, van wie een gestremd is.

Die koöperasie het jare gesukkel om sy grond suksesvol te bewerk en lewensvatbare opbrengste te lewer. Dit het alles verander nadat hulle die klimaat-slim-akwaponiese-tegnieke in hul boerdery begin aanwend het.

Die akwaponiese boerderymodel is ’n produktiewe, innoverende en volhoubare proses vir sowel vis- as groenteproduksie en wat die negatiewe omgewingselemente veroorsaak deur droogte, grondbesoedeling en uiterste temperature oorkom.

“Die akwaponiese stelsel word steeds as ’n opkomende landboupraktyk in Suid-Afrika gesien, maar met die hulp van finansiering en ekonomiese ontwikkeling het hierdie onderneming sy produksie hierdeur eksponen­sieel verhoog, sowel as die vermoë om meer plaaslike arbeid in diens te neem,” sê Anna Letsoalo, senior ekonomiese ontwikkelingsbeampte van Konkoonsies Solar Power, wat hierdie boerderyonderneming ondersteun.

Letsoalo meen die akwaponiese stelsel kan die sleutel tot beter voedselsekerheid wees, veral in geïsoleerde landelike gemeenskappe soos Pella. Die stelsel produseer die hele jaar oeste wat aansienlik meer en beter produkte teen ’n vinniger tempo lewer.

“Die eindelike doel is om werkgeleenthede vir die plaaslike bevolking te skep, toegang tot vars vrugte en groente te skep aangesien die Pella-gemeenskap in die diep platteland van die Noord-Kaap geleë is en minder toegang tot markte het, en natuurlik om die ekonomie te verbeter,” voeg Letsoalo by.

Die opwindende deel is dat die Pella Food Garden Cooperative, as gevolg van ’n progressiewe simbiotiese boerdery, volhoubaar is en in werklikheid goed genoeg is om heeltydse plaaslike indiensneming te bied om die onderneming vrugbaar te hou.

Die streekswenners van SA Stamboek se ELITE Melk-toekennings soos aangewys op die onlangse Alfa Expo 2019 is die CO Klingenberg-kudde van KwaZulu Natal, Inovula Edms Beperk van die Vrystaat en die Limpopo Melkery van Limpopo. Voor van links is die wenners Johan van der Merwe van CO Klingenberg-kudde, Dr. Kobus Hendriks van Inovula Edms Beperk en AJ Fourie van die Limpopo Melkery. In die agterste ry is Dr. Bobbie van der Westhuizen (Bestuurder: Genetiese en Adviesdienste, SA Stamboek), Thalia Brameld (SA Stamboek Tegniese Adviseur), Dr. Joubert Nolte (Meadow Feeds) en Dr. Japie van der Westhuizen (Hoofbestuurder: SA Stamboek). Foto: Johan Norval

Die Pella-gemeenskap het min geleenthede om uit voordeel te trek, maar met die versiendheid en vindingrykheid van INMED, ’n nie-winsgewende humanitêre organisasie, het Pella Food Garden Cooperative ’n suksesvolle finansieringsvoorstel ingedien en kry nou finansiering en hulp van Konkoonsies Solar Power in die vorm van ’n volledig toegeruste agro-verwerkingseenheid, bottelerings- en inmaakfasiliteite en vaardigheidsopleiding en ander ondernemingsondersteuning.

“Dié projek verlig ons daaglikse lewens, omdat ons elke dag brood en vars groente op die tafel kan sit,” sê Ester Nell, mede-direkteur van Pella Food Garden Cooperative.

“Die akwaponiese stelsel het ’n enorme verskil in ons lewens gemaak en belangstelling gewek in ons projek wat ons nog nooit voorheen gehad het nie. Ons sal voortgaan om ons onderneming te laat groei en werkgeleenthede in ons gemeenskap te skep,” sê sy.

Meer oor:  Vroue  |  Landbou  |  Pella
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.