Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Sitrusbedryf verwag rekordjaar ondanks korona
Suider-Afrika sal vanjaar na verwagting 143,3 miljoen kartonhouers vol sitrus na meer as 100 lande uitvoer.

Ondanks die Covid-19-pandemie verwag die sitrusbedryf ’n rekorduitvoerjaar.

Suider-Afrika sal vanjaar na verwagting 143,3 miljoen kartonhouers vol sitrus na meer as 100 lande uitvoer, wat 13% meer is as verlede jaar toe 126,7 miljoen kartonhouers uitgevoer is.

Dit is danksy nuwe boorde wat in produksie kom en goeie reënval in sommige gebiede.

Hoewel China se logistieke dienste na verwagting binnekort weer ten volle in bedryf sal wees namate die impak van die koronavirus daar afneem, is die siekte se impak op die Europese Unie (EU) nog in volle gang.

Die sitrusuitvoermark in syfers
  • Valencia-lemoene – 35% van die uitvoermark;
  • Nawellemoene – 19%;
  • Suurlemoene – 18%;
  • Sagte sitrus (soos nartjies) – 16%;
  • Pomelo’s – 12%;
  • 2019 se sitrusseisoen het R20 miljard se uitvoerinkomste geskep en vir 120 000 mense werk gegee;
  • Die uitvoer van sagte sitrus en suurlemoene sal in 2020 die sterkste groei;
  • Groei van 28% word in sagte sitrus verwag, met die Bolandstreek wat 12% meer kartonhouers sal lewer;
  • Die Sondagsriviervallei sorg vir byna die helfte van al die suurlemoene wat Suider-Afrika uitvoer;
  • Die Sondagsriviervallei sal vanjaar na verwagting 12 miljoen kartonhouers suurlemoene uitvoer, 18% meer as in 2019; en
  • Die noordelike streke soos Mbombela en Letsitele, asook Burgersfort en Ohrigstad, sal groei van 40% tot 55% toon.

Europa is die grootste uitvoermark vir Suid-Afrikaanse sitrus, sê die Sitruskwekersvereniging (CGA) in ’n verklaring.

Die impak van die siekte in Europa kan ’n afname in vraag tot gevolg hê, asook ’n tekort aan vraghouers wanneer die uitvoerseisoen in Mei begin, sê Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die CGA.

Uitvoerders sal moet bevestig daar is genoeg vraghouers beskikbaar voordat hulle met hul verskeping begin, sê Chadwick.

Ander probleme is plaaslik, soos die verouderende infrastruktuur by Suid-Afrikaanse hawens asook arbeidskwessies wat nog nie afgehandel is nie wat uitvoervolumes kan raak.

Die CGA is in gesprek met Transnet en verwelkom stappe deur die staatsvervoermaatskappy om bedrywighede by ’n aantal hawens te verbeter. Dit sluit in die koop van nuwe toerusting vir die hawens in Port Elizabeth en Durban. Die toerusting sal na verwagting betyds vir die begin van die uitvoerseisoen opdaag.

Die CGA verwag die sitrusbedryf sal oor die volgende drie tot vyf jaar met 500 000 ton groei. Die CGA gaan voort om marktoegang te verbeter in markte soos China, Amerika, Indië, die Filippyne, Japan, Viëtnam en die EU.


    Meer oor:  Koronavirus  |  Landbou  |  Covid-19  |  Vrugte
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.