Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Sitrusboere dankbaar vir groter kwota water

Produsente in die Gamtoosvallei kan met die beskikbare water ’n normale sitrusoes verwag ná die verwoestende droogte van die laaste paar jaar, sê Petrus (Spes) du Preez, voorsitter van die Gamtoos landbouvereniging.

Petrus (Spes) du Preez.

Die departement van water en sanitasie het onlangs verligting gebring deur die kwota van 40% wat die droogtegeteisterde boere die afgelope jaar kon gebruik, te verslap sodat hulle nou 85% van hul volle kwota kan trek.

“Hoewel dit net ’n 85%-toekenning is, sal ons met goeie bestuur deur die jaar kom.”

Daar is redelike aanplantings van jong sitrus en heelwat ouer boorde uitgetrek wat in die volgende paar jaar min of geen besproeiing sal benodig nie. Die druk gaan kom as dit oor so vier of vyf jaar in volle produksie kom, glo Du Preez.

Groenteproduksie is in volle gang, maar sal nie die agterstand inhaal van die waterbeperkings van die laaste seisoene nie. “Elke jaar sorg vir homself. Ten minste kan hulle, wanneer hul huurverpligtinge teenoor grondverhuurders buite die vallei verstryk, weer voluit op eie bodem produseer.”

Du Preez sê dit is ’n baie moeilike uitvoerjaar.

“Afgesien van logistieke probleme weens die onlangse sloerstaking by die Nqura-hawe, soos verskeping en versending wat nou weer na normaal teruggekeer het en uitbetalings en bederfverliese wat bekend raak, sal dit nog ’n paar maande of langer neem om normale en gevolglike bederfskade en verliese te onderskei.”

Hy sê hulle het klagtes ontvang oor die smaak van vrugte wat eers ná die sloerstaking verskeep kon word.

Die vrugte smaak nie so goed nie omdat dit buite die tydprotokol versend is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.