Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Sitrusboere herlei uitvoer na Maputo

Uitvoerders van sitrus het begin om vragte na Maputo in Mosambiek te herlei om te verseker dat dié vrugte vars by hul bestemmings uitkom.

Die Sitruskwekersvereniging van Suid-Afrika sê in ’n verklaring hy bly met Transnet in verbinding oor die agterstand met die laai van vrag by die land se hawens weens die kuberaanval ’n week gelede op Transnet se IT-stelsel.

Hoewel sekere van Transnet se stelsels teen Woensdag weer aanlyn was, moes ander take nog met die hand verrig word. Transnet het belowe alle stelsels sal teen Vrydag aanlyn wees.

Daar is egter ’n groot agterstand by die hawens.

Die Sitruskwekersvereniging sê hy is nie te bekommerd oor die sitrus wat uitgevoer moet word nie, aangesien die probleem waarskynlik binnekort opgelos gaan word.

Daar behoort nie ’n “noemenswaardige” uitwerking op sitrusuitvoer te wees nie.

Meer oor:  Transnet  |  Hawens  |  Onluste  |  Infrastruktuur  |  Plundery En Geweld  |  Lemoene  |  Sitrus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.