Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Só lyk vanjaar se mielie-oes

Die finale skatting van die huidige seisoen se mielieoes is onveranderd gelaat op 13,2 miljoen ton teenoor die vorige twee skattings in Junie en Julie, maar 21% kleiner as in 2017.

Die 2017-rekordoes van 16,8 miljoen ton ná goeie reën het gevolg ná ’n paar jaar van erge droogte waarin Suid-Afrika selfs mielies moes invoer.

Volgens die nasionale oesskattingskomitee is die verwagte witmielieoes dié seisoen 6,9 miljoen ton, met ’n opbrengs van 5,43 ton per hektaar. Vir geelmielies word ’n oes van 6,3 miljoen ton verwag en ’n opbrengs van 6,02 ton per hektaar.

Die produksieskattings vir sonneblomsaad en sorghum is opwaarts aangepas, terwyl die skattings vir sojabone, grondbone en droëbone onveranderd gelaat is, sê die komitee.

Meer oor:  Oesskatting  |  Mielies  |  Sojabone  |  Mielie-Oes  |  Graan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.