Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Vrystaat: Só sal R900 m. droogtehulp versprei word

Die Vrystaatse departement van landbou en landelike ontwikkeling sal R76 miljoen ontvang om die streke wat deur die droogte geraak is, te help herstel.

Dit vorm deel van die R900 miljoen se droogtehulp wat die regering aan die provinsie geskenk het om van die knellende droogte te herstel. Die aankondiging is verlede Vrydag gemaak.

Setjhaba Maphalla, woordvoerder van die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, het aan Netwerk24 gesê ná ’n deeglike ontleding sal kommersiële boere ook baat vind by die R76 miljoen.

Die regering het Vrydag R900 miljoen aan die Vrystaat vir droogtehulp geskenk. Foto: Charles Smith

Die res van die R900 miljoen sal onder die verskeie munisipaliteite verdeel word (sien kassie).

Dr. Roy Jankielsohn, DA-LPW en leier van die amptelike opposisie in die wetgewer, sê dit is dikwels die kommersiële boere wat kos verskaf wat onderaan die lys is wanneer droogtehulp aangebied word.

Hy beoog om dié en ander kwessies oor die ruim skenking op die volgende vergadering van die wetgewer te opper.

Netwerk24 het die volgende vrae aan die premier gerig:

* Gaan die hulp in die vorm van kontant of voerhulp vir boere (kommersieel en opkomend) wees?

* Gaan van die geld gebruik word om boorgate te sink, tenks op te sit of pypleidings te lê?

* Gaan boere wat reeds baie vee verloor het, vergoed word? Indien wel, watter boere kwalifiseer hiervoor?

* Gaan die departement middelmanne aanwys om die droogtehulp na boere te kanaliseer? Indien wel, hoe gaan die staat sorg dat die geld wel by die boere uitkom?

* Wat is die tydsraamwerk waarbinne die hulp (voer, geld of toerusting) by die boere gaan uitkom?

Maphalla het nog nie hierop gereageer nie, maar ’n opvolg-berig met sy antwoorde sal gepubliseer word.

Kassie:

Die droogtehulp aan die Vrystaatse munisipaliteite sal as volg onderverdeel word (bedrae afgerond). Volgens Maphalla is dit volgens die erns van die droogte in elke distrik:

Xhariep-distrik

Kopanong-munisipaliteit – R63 miljoen

Letsemeng-munisipaliteit – R10 miljoen

Mohokare-munisipaliteit – R9 miljoen

Lejweleputswa-distrik

Masilonyana-munisipaliteit – R61 miljoen

Matjhabeng-munisipaliteit – R7 miljoen

Tokologo-munisipaliteit – R8 miljoen

Nala-munisipaliteit – R7 miljoen

Fezile Dabi-distrik

Mafube-munisipaliteit – R33 miljoen

Moqhaka-munisipaliteit – R57 miljoen

Metsimaholo-munisipaliteit – R15 miljoen

Thabo Mofutsanyana-distrik

Dihlabeng-munisipaliteit – R25 miljoen

Mantsopa-munisipaliteit – R10 miljoen

Maluti-a-Phofung-munisipaliteit – R220 miljoen

Nketoana-munisipaliteit – R19 miljoen

Phumelela-munisipaliteit – R23 miljoen

Setsoto-munisipaliteit – R55 miljoen

Die Vrystaat het ’n milde skenking van die regering gekry om van die knellende droogte te herstel. Foto: Charles Smith

Meer oor:  Droogte  |  Vrystaat  |  Sisi Ntombela  |  Droogtehulp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.