Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Plaag van springkane nou in 3 provinsies

Boere en landbou-organisasies, asook die algemene publiek moet uitkyk vir swerms sprinkane en dit aanmeld.

Dié versoek is Woensdag gerig deur Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling toe sy aangekondig het dat swerms sprinkane nou ook in die Noord- en Wes-Kaap voorkom.

Netwerk24 het vroeër berig oor swerms wat in die Karoo en in die Vrystaat gewaar is.

Die departement het reeds ’n span spesialiste na die betrokke provinsies gestuur om die probleem saam met die provinsiale departemente van landbou- en landelike ontwikkeling asook die landbounavorsingsraad en landbou-organisasies te pak.

In ’n mediaverklaring sê Didiza beheermaatreëls is reeds ingestel om die verspreiding van die sprinkane, wat tans deur sterk winde aangehelp word, te beperk.

“Ek wil boere en landbou-organisasies versoek om ons te waarsku wanneer hulle die sprinkane opmerk en saam met ons amptenare te werk om die verspreiding te beperk.”

• Boere en die algemene publiek kan swerms in hul gebiede by die volgende departementele amptenare aanmeld: Gert Greyvenstein by 082 451 4860, Vuyokazi Mpumlwana by 084 760 8176 en dr. Ikalafeng Kgakatsi by 072 198 9882.

Die “donker wolk” op die horison is 'n swerm sprinkane wat Dinsdagmiddag oor die Suid-Vrystaat getrek het. Foto: Verskaf



Meer oor:  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.