Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Stel hoender vry van BTW, vra Astral
Suid-Afrikaners eet gemiddeld 40 kg hoender per persoon per jaar.Foto: Vida Booysen

Dis dalk gepas dat die regering die lys van basiese goedere wat vrygestel is van belasting op toegevoegde waarde (BTW) heroorweeg.

Só sê Chris Schutte, uitvoerende hoof van Astral, die land se grootste pluimveemaatskappy.

“Daar is 25 jaar laas enige aanpassings aan die basiese voedselmandjie van belastingvrye voedselsoorte gedoen. Intussen het die verbruikerslandskap heelwat verander,” sê Schutte.

Hoender as die goedkoopste bron van vleisproteïen in Suid-Afrika maak nou ’n groot deel van die basiese dieet van die Suid-Afrikaanse bevolking uit.

Suid-Afrikaners eet gemiddeld bykans 40 kg hoender per persoon per jaar.

“Hoender is duidelik ’n eerste keuse vir Suid-Afrikaanse verbruikers en ons bevraagteken waarom die tesourie dit nie vrystel van belasting nie,” sê Schutte.

Hy wys daarop dat die inname van hoender heelwat meer is as enige ander vleissoort.

Die onlangse verhoging van 1 persentasiepunt in die BTW-koers gaan verbruikers seermaak en die koste van voedsel sal beslis negatief daardeur geraak word, sê Schutte.

“Astral ondersteun enige gesprekvoering om die basiese voedselmandjie te herevalueer – en ons glo hoender as ’n kostedoeltreffende en voordelige bron van vleisproteïen behoort, soos geblikte visprodukte, ook van BTW vrygestel te word.”

Meer oor:  Astral  |  Ekonomie  |  Btw  |  Hoender  |  Belasting  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.