Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Suid-Afrika se beste wyne behaal vet pryse
wyn

’n Gemiddelde prys van R660 per 750 ml-bottel is op vanjaar se Cape Fine & Rare Wine-wynveiling betaal. Dit is 12% hoër as verlede jaar se R590 per bottel.

Die totale veilingsbedrag was R2,62 miljoen.

Sowat 60 wynplase het deelgeneem en 124 wyne is aangebied op die veiling verlede naweek by die Rupert-museum in Stellenbosch.

Van die hoogtepunte was die groeiende belangstelling in chenin blanc. Die beste vertoners was David & Nadia Hoë-Steen Chenin Blanc 2015, De­Morgenzon The Divas Chenin Blanc 2013 en Alheit Vineyards Magnetic North Mountain Makstok 2015, wat almal aanbiedinge van R1 000 per bottel gehaal het, sê die organiseerders.

Vir rooiwyn het Vilafonté (reeks C 2005) in 5 liter ’n prys van R22 000 gehaal, wat gelykstaande is aan R3 303 vir ’n 750 ml-bottel.

Die hoogste bod vir MCC was R1 034 per bottel (Le Lude Agrafe 2012), en vir gefortifiseerde wyn was dit R3 000 per bottel (KWV Tawny Port).

Die veiling (voorheen bekend as die Nederburg-veiling) is in samewerking met die afslaer Christie’s aangebied.

Meer oor:  Wynpryse  |  Wyn  |  Wynbedryf  |  Wynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.