Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Suikerbedryf kry beskerming teen invoer

Die invoertarief op suiker is met meer as 20% tot $680 per ton verhoog.

Invoerders gaan nou meer vir suiker betaal, wat plaaslike suikerprodusente ’n bietjie kan beskerm.

Dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het die kommissie vir internasionale handelsadministrasie (Itac) se aanbeveling onderskryf om die invoertarief op suiker te verhoog.

Die Suid-Afrikaanse Suikervereniging het in Februarie gevra vir ’n verhoging van $566 per ton tot $856 per ton in die verwysingsprys in dollar waarop invoertariewe gegrond word.

Volgens ’n verklaring deur die departement van handel en nywerheid het Itac “intensiewe ondersoek” na die plaaslike bedryf se koste gedoen.

“Dit sluit in die koste van kunsmis en chemikalieë, elektrisiteit, vervoer en arbeid,” lui die verklaring.

Hoewel die tarief nie so hoog is as wat die bedryf gevra het nie, sal dit die “onmiddellike verligting bring wat die bedryf dringend nodig het,” lui die verklaring.

Die departement is ook van mening dat dit voldoende beskerming teen die stortvloed van goedkoop invoer sal bring wat die land tans binnekom.

Suikerinvoer van hoofsaaklik Brasilië het van 114 000 ton in 2016 tot 520 000 ton in 2017 vervierdubbel.

Die tarief vorm deel van ’n reeks maatreëls wat die regering oorweeg om die volhoubaarheid en groeivooruitsigte van die plaaslike suikerbedryf te verseker.

Volgens die departement dra suikerproduksie sowat R14 miljard tot die bruto binnelandse produk by en skep dit regstreekse werkgeleenthede vir 85 000 mense terwyl ’n verdere 350 000 werkgeleenthede onregstreeks van suiker afhanklik is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.