Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Suikerbedryf steeds bitter oor ‘lae’ invoertarief
Die plaasliek suikerbedryf trek swaar en die Suid-Afrikaanse Suikervereniging sê oor die volgende 12 maande kan daar waarskynlik net 14 suikermeulens in bedryf gehou word.

Terwyl die regering volhou die onlangse verhoging van die invoertarief op suiker sal die sukkelende plaaslike bedryf ’n blaaskans gee, word ’n verdere insinking steeds verwag.

Die bedryf meen die verhoging van meer as 20% tot $680 per ton is onvoldoende.

“Die bedryf bevind hom aan die verkeerde kant van die skaal, selfs met die huidige suikertarief,” sê Hans Hackman, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Suikervereniging.

Dié bedryfsliggaam het in Februarie gevra vir ’n verhoging van $856 per ton in die verwysingsprys in dollar waarop invoertariewe gegrond word. Hy het in sy aansoek beklemtoon dat die bedryf dringend beskerm moet word omdat ander lande se subsidies aan hul eie bedrywe die internasionale mark skeeftrek.

“Ons het navorsing oor die uitkoms van die $680-tarief gedoen en tot die gevolgtrekking gekom dat dit nie voldoende is om ons bedryf volhoubaar te maak op die huidige vlakke nie.”

Hy sê oor die volgende 12 maande kan daar waarskynlik net 14 suikermeulens in bedryf gehou word.

“Ek dink ons produsente sal negatiewe marges verdien en dus nie wins maak nie,” sê Hackman.

Selfs indien al die faktore positief is in die volgende drie jaar, naamlik ’n aanmerklike verhoging in die internasionale suikerpryse, ’n swak wisselkoers (wat die plaaslike mark teen invoer beskerm en die waarde van randgegronde uitvoer verhoog) en produksiekoste net met 5% per jaar styg, is ’n inkrimping in die bedryf onvermydelik.

Donderdag het Ncumisa Mcata-Mhlauli, hoofdirekteur vir landbouverwerking by die departement van handel en nywerheid, gesê die onlangse tariefverhoging sal die “onmiddellike verligting” vir die suikerbedryf bring wat hy benodig en hom beskerm teen die verhoogde suikerinvoer.

“Holistiese oplossings is nodig om die volhoubaarheid van die suikerbedryf te verseker. Op lang termyn sal die bedryf moet diversifieer en na nuwe gebiede uitbrei.”

Die plaaslike bedryf neem die regering kwalik oor ’n “administratiewe fout” wat veroorsaak het dat suiker die land van 28 Julie 2017 tot 15 September 2017 tariefvry binnegekom het. Boonop was die tarief vir die res van die jaar aansienlik laer as wat dit moes wees.

Suikerinvoer van hoofsaaklik Brasilië het van 114 000 ton in 2016 tot 520 000 ton in 2017 vervierdubbel.

Die tarief vorm deel van ’n reeks maatreëls wat die regering oorweeg om die volhoubaarheid en groeivooruitsigte van die plaaslike suikerbedryf te verseker.

Volgens die departement dra suikerproduksie sowat R14 miljard tot die bruto binnelandse produk by en skep dit regstreekse werkgeleenthede vir 85 000 mense terwyl ’n verdere 350 000 werkgeleenthede onregstreeks van suiker afhanklik is.

Meer oor:  Suiker  |  Invoertariewe  |  Landbou  |  Suikerbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.