Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Suikerreus verloor van sy smaak

Die suikergroep Tongaat Hulett waarsku sy bedryfswins vir die halfjaar tot einde September gaan 64% laer wees as die R1,471 miljard wat ’n jaar gelede behaal is.

Suikerriet op plaas in Mkuze, KwaZulu-Natal.

Die laer bedryfswins is te wyte aan eiendomstransaksies wat nog nie afgehandel was teen einde September nie, het Tongaat in ’n Sens-verklaring gesê.

Boonop het marktoestande in die Suid-Afrikaanse en Mosambiekse suikerbedrywighede sy omset en suikerrietwaardasies negatief geraak.

Tongaat verwag nou ’n wesensverlies van R87 miljoen, teenoor die vorige vergelykende tydperk se wesensverdienste van R661 miljoen.

’n Wesensverlies per aandeel van 74c word verwag teenoor die wesensverdienste per aandeel van R5,74 ’n jaar gelede.

Sy aandeelprys op die JSE was Vrrdagoggend 4,15% laer op R62,57.

Meer oor:  Tongaat Hulett  |  Suiker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.