Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Tabakgroepe smeek Cyril in ope brief: 'Lig verbod'

Twee nuwe hospitale met 5 000 ventilators kon gebou word met die R3,5 miljard se aksynsbelasting wat die staat verloor het weens sy verbod op sigaretverkope.

British American Tobacco (BAT) is die grootste vervaardiger van sigarette in die land. Sy hofsaak oor die verbod is tot Augustus uitgestel.

Só voer 13 ondernemings en organisasies, waaronder British American Tobacco SA, kleinhandelaars soos Fresh Stop en Spar, asook verskeie organisasies soos Limpopo Tobacco Processors en die Black Tobacco Farmers Association wat tabakboere verteenwoordig, in ’n ope brief aan die president aan wat in die vorm van ’n advertensie in 'n Sondagkoerant geplaas is.

Die ope brief is aan die president en kabinetsministers gerig en het saamgeval met die 100 dae wat verby is sedert die inperking begin het.

“Tydens die 100 dae van die rampspoedige verbod op sigarette en e-sigarette, het die staatskas R3,5 miljard se aksynsbelasting verloor.

“Dít in ’n tyd waarin elke sent desperaat benodig word.”

Hulle sê wetsgehoorsame burgers is met een haal van die pen in misdadigers verander.

Hulle meen ook dat die boodskap wat dit aan die publiek stuur, is dat harde werk en die betaal van belasting nie betalend is nie, maar misdaad wel.

“Suid-Afrika bloei terwyl misdadigers in die onwettige bedryf beloon word.

“Geld wat bedoel is om ’n beter land vir almal te bou, gaan in stede daarvan na die sakke van miljardêr-misdadigers in die onwettige handel.

“Hul korrupte ondernemings floreer beter as wat hulle ooit kon droom, terwyl eerlike en hardwerkende burgers se hoop vernietig word.”

Volgens die groep is Suid-Afrika die enigste groot land in die wêreld wat nog só ’n verbod het.

Hulle sê 54 nuwe skole sou gebou kon word en die salarisse van 25 000 verpleërs en dokters, en 20 000 laerskoolonderwysers sou betaal kon word.

Of daar sou23 miljoen kospakkies vir armes en meer as 8 000 bekostigbare huise gebou kon word.

“Ons versoek julle nederig om ’n einde aan die pynlike verbod te maak.”

’n Blad met die ope brief wat in advertensievorm in koerante gepubliseer is. Foto: Verskaf

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.