Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Tafeldruif-bedryf maak reg vir rekordjaar

Die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf se inname vir die 2020-’21-seisoen beloop 73 miljoen kartonne, wat aansienlik meer is as die 66,15 miljoen kartonne van verlede jaar.

“Dit is wonderlike nuus vir die Wes-Kaap,” sê dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR van landbou.

“Die Covid-19-pandemie het gelei tot ’n wêreldwye toename in die vraag na gesonde kos, wat weer ’n vraag na vars vrugte en groente tot gevolg het. Groter marktoegang en ’n toename in uitvoer sal lei tot ’n toename in poste.”

Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR van landbou, pluk druiwe. Foto: Verskaf

Verpakking in die Hexrivier-gebied loop vandeesweek ten einde. Drie van die vyf tafeldruif-produksiestreke kom in die Wes-Kaap voor, luidens ’n verklaring.

Willem Bestbier, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryf (Sati), sê die goeie inname-volume word verwelkom te midde van ’n uitdagende jaar, plaaslik en oorsee, weens die pandemie en verskeie inperkings wat in die meeste lande voorgekom het. Die meeste tafeldruiwe word volgens hom via die Kaapstadse hawe uitgevoer. Ander bedrywe trek op hul beurt ook voordeel daaruit.

“Die fokus is nie net op volumes nie omdat produsente reën, wind, operasionele oponthoude in die hawe en wêreldwye tekorte aan houers die hoof moes bied,” sê hy.

“Logistiek en markte is ontwrig en dit was nie ideaal vir die tydsberekening van produkte se aankoms nie. Maar as ’n bedryf is ons dankbaar dat ons die pakseisoen redelik suksesvol kan afsluit.

Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR vir landbou, en Clayton Swart, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryf (Sati). Foto: Verskaf
Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR van landbou, en Robin Johnstone, ’n tafeldruif-produsent. Foto: Verskaf
Nico Erasmus, ’n plaasbestuurder, en dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR van landbou, met vars geplukte druiwe. Foto: Verskaf

“Ons boere, produsente en landbouwerkers het veilig gebly. Hulle sal voordeel trek namate die bedryf broodnodige buitelandse valuta verdien vir die land terwyl landelike ontwikkeling ondersteun word.”

Volgens Andrew Partridge, senior ekonoom van die Wes-Kaapse departement van landbou, het verskeie faktore tot die toename bygedra, soos goeie weerstoestande in die meeste Wes-Kaapse streke gedurende die pakseisoen, en beleggings in onlangse jare om ou variëteite met nuwes te vervang, wat meer tafeldruiwe per hektaar opgelewer het.

Meyer sê die toenemende vraag na Suid-Afrikaanse tafeldruiwe in internasionale en plaaslike markte is goeie nuus vir produsente.

“Hulle sal waarskynlik baatvind by hoër uitsette sonder die meegaande laer pryse.”

Meer oor:  Bedryf  |  Landbou  |  Tafeldruif  |  Druiwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.