Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Te koop: Skaap of bees op ander man se plaas
BitFarming stel jou in staat om ’n skaap of bees op ’n ander man se plaas te koop. Foto: Unsplash

Stadsjapies wat nog altyd ’n paar stuks vee op ’n lappie grond iewers wou laat wei, het nou ’n maklike manier om dit reg te kry.

BitFarming is ’n nuwe konsep wat veeprodusente, kopers en uiteindelik die slagpale maklik met mekaar verbind.

Volgens die stigter Albertus Pretorius is BitFarming ’n eerste vir Suid-Afrika en dalk die wêreld.

Enigiemand kan nou ’n skaap, bees of ander stuks vee aanlyn aanskaf.

Jou skaap word lekker vetgevoer in die voerkraal van “ ’n gerekende boer” wat vooraf deur BitFarming goedgekeur is.

Ná ’n vasgestelde tydperk kan jy weer jou skaap aan die naaste slagpale smous en ’n stewige wins in jou sak steek, sê Pretorius.

Dit stel “enigiemand” in staat om oornag ’n boerdery te begin, sonder dat hulle enigsins grond hoef te besit of werklik iets van boerdery weet.

Jy belê basies in vee wat salig onbewus iewers op ’n plaas vet word.

“Ons koop net vee van bekende produsente op veilings en slegs boere wat die beste boerderypraktyke toepas, word betrek,” sê Pretorius.

Elke dier word teen ’n “voorafbepaalde gewig” aangekoop en daarna na ’n “goedgekeurde voerkraal” geneem.

Daar word die diere vetgevoer vir sowat vier maande.

Volgens Pretorius word ’n “optimale voedingsprogram” benut wat oor die afgelope 30 jaar op die proef gestel is.

Die voedingsprogram verseker dat vee lekker gewig aansit en dat die vleis “van die hoogste gehalte” is.

Dit verseker dat elke skaap of bees die maksimumprys sal behaal sodra hulle ná vier maande aan die slagpale verkoop word.

BitFarming waarborg ’n opbrengs van 10% ná vier maande. Persone wat vir drie agtereenvolgende siklusse belê, kry ’n opbrengs van 30%.

Die onderneming hanteer al die administrasie wat betref die versorging en vervoer van die vee.

’n Sogenaamde “bitcow” kos byvoorbeeld R14 000 op BitFarming se webtuiste.

Dié bedrag sluit in voer vir die dier vir 140 dae en versekering vir 120 dae, sou die dier iets oorkom.

Volgens BitFarming se berekeninge sal jy die dier uiteindelik vir R1 400 meer kan verkoop.

Meer oor:  Boerdery  |  Landbou  |  App  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.